CrimeNews

‘Kyk vir my gesig en ek skiet jou’

’n Jongman is vasgebind en rot en kaal besteel tydens ’n gewapende roof by sy huis in ’n kompleks in Reynorif.

’n Jongman is vasgebind en rot en kaal besteel tydens ’n gewapende roof by sy huis in ’n kompleks in Reynorif.

“My kat het my wakker gemaak voor die rowers my verras het,” het Avern Ashington gesê nadat hy die slagoffer van ’n gewapende roof op Saterdag, 23 Januarie was.

Volgens Ashington het hy omstreeks 03:40 wakker geword van sy kat wat ontsteld was. Hy het haar toe gevryf, op sy foon gekyk en omgedraai om verder te slaap.

CV221ars
Die merke wat gelos is op Avern Ashington se arms na twee verdagtes hom Saterdag, 23 Januarie douvoordag vasgebind het in sy eie huis.

“Ek het geluide gehoor, maar het gedink dit is my kamermaat, Roelof Opperman wat inkom na sy nagskof,” het hy gesê.

Ashington het verder vertel,

“ek het net omgedraai toe ek ’n selfoon flitslig in my kamer sien.”

Avern het opgespring en begin skree toe hy die twee booswigte sien, hulle het hom oorrommpel in sy bed en saggies ’n wapen op sy wang neergelê en gesê,

“bly liewer stil of ons skiet jou.”

Daarna het een van die rowers heel kalm en rustig deur die huis gedwaal en alles uitgekies wat hy wil vat, terwyl die ander verdagte by Ashington gesit het met ’n wapen.

“Ek het gehoor hoe die rower my huis se sleutel neem en die voordeur oopsluit,” het hy gesê.

Die verdagte is toe weer kamer toe waar hulle vir Avern vasgebind het met kleefband en ’n das voor hul uit sy woonstel is.

“Ek het net so bly sit in my kamer toe hulle met ’n lawaai weer inkom, maar die keer met die kompleks se hekwag.”

Die twee rowers het die hekwag glo oor die kop en rug geslaan en hom na Ashington se woonstel gesleep en vasgebind saam hom.

CV221brs
Die das en kleefband wat gebruik is om Avern Ashington mee vas te bind.

“Hulle het alles rustig gepak voor hulle gevlug het met my kar.”

Ashington is beroof van twee skootrekenaars, dvd-speler, twee plasma televisies, horlosies, ’n hardeskyf, I-pad, rekenaar-monitor en sy wit BMW 125i (registrasienommer, FJK 328 MP).

Dis nog nie bekend hoe die rowers toegang verkry het tot die kompleks nie, maar het deur Ashington se skuifdeur venster toegang verkry tot in sy huis.Nog niemand is in verband met die voorval in hegtenis geneem nie maar die polisie is op die booswigte se hakke.

“Alles wat so gesteel word maak ’n mens negatief,” het sy kamermaat, Roelof Opperman ten slotte gesê.

Check Also
Close
Back to top button