BlogsOpinion

Die put die loop droog

Die Engelsman loop deesdae met ‘n beswaarde gemoed rond. En ook nie sonder rede nie.

Die Engelsman loop deesdae met ‘n beswaarde gemoed rond. En ook nie sonder rede nie. Dit is alles die waterkrisis se skuld. Vir ‘n man wat van water en ‘eish’ in sy whiskey hou, lyk die toekoms nie juis belowend nie. Daarom word die drink van elke glas whiskey, water en ‘eish’ deesdae geniet asof dit sy laaste is.
Asof Zuma sy gedagtes kan lees en empatie met die Engelsman se penarie het, het hy sy Minister van Watervermorsing aangesê om die waterkrisis te ondersoek.
Sy moes dringend kyk watter stappe gedoen moet word om water te bespaar en ook wat die redes of oorsake van die min water in ons damme.

Omdat dit so dringend was moes sy haar vriendin Missus Mugabe van Zimbabwe bel om hulle twee se inkopie ekskursie na China wat vir die volgende week beplan was, te kanselleer. As beloning vir haar opoffering het die president belowe om die twee dames in sy nuwe R4 miljard Jet op so ‘n inkopietog te neem. Hy sal onderhandelings vir die aankoping van water van die Chinese regering aangee as rede vir die besoek aan die land.
Ywerig het onse Minister van Watervermorsing ‘n komitee saamgestel en ‘n in-diepte ondersoek na die waterkrisis is begin. Die ondersoek kon egter nie baie diep gewees het nie, want die damme se vlakke was maar taamlik laag. Nietemin, het sy twee weke later trots haar verslag met oorsake en oplossings aan die president oorhandig. Die verslag lui as volg:

Om water te bespaar moet ‘n baksteenvormige stuk plastiek in toilet waterbakke geplaas word. As die regering die geld voorskiet, sal haar seun die fabriek vir die vervaardiging van die plastiekstene bou en binne ‘n maand die produk aan die regering kan lewer.
Baddens moet groter gemaak word. Dan kan meer mense tegelyketyd bad.
Die waterpoel by Nkandla moet nie net vir brandbestryding gebruik word nie, die president moet dit ook as ‘n swembad benut. Dit sal die nodigheid van ‘n water gemorsery met ‘n gestort uitsluit.
Daar is ’n laaang paragraaf onderaan die Minister van Watervermorsing se verslag wat die sondebok in die waterprobleem identifiseer.

Dit is absurd om El Nino vir die watertekort te blameer. Die arme kind is nog steeds by die Middellandse see waar hy vakansie hou. En sy sussie El Nina was die afgelope twee jaar nog nie in Suid-Afrika nie.
Jan Watsenaam kan ook nie geblameer word nie. Hy is blykbaar al ‘n paar jaar terug oorlede.
Maar helaas dood het ook ’n oorsaak. Die oorsaak wat die komitee geïdentifiseer het, is ‘apartheid’. Dit is die bleddie apartheidsregering wat die damme so groot gebou het.
Die minister het darem ook aan ’n oplossing gedink.
Breek al die damme se walle af tot gelyk aan watervlak. Eureka, dan is die damme mos weer vol!
En los dit die Engelsman se probleem op?

Nee, sekere prosedures moet nou eers gevolg word, tenders vir die skyn uitgesit word, ’n paar onder-die-tafel koevertjies uitgegee word, dan is die damme droog en die Engelsman nie een druppel nader aan ’n oplossing nie.

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button