Community galleriesFeaturesGalleriesLifestyle

Gebruik jou ISO reg

Dié fotoklub het op 23 September bymekaargekom.

’n Skaal waarvolgens die kamera sensor se sensitiwiteit verstel kan word, ISO, was die maand die besprekingspunt tydens Kriel Fotoklub se maandelikse byeenkoms.

Dié fotoklub het op 23 September bymekaargekom.

Lourens Smit van Middelburg het die beoordeling gedoen en het ‘n wye verskeidenheid foto’s gewys asook hoe om dit te neem vanaf onder water tot musiekfeeste. Hy het ook meer vertel oor hoe om jou ISO reg te gebruik in slegte lig omstandighede.

Hierdie maand se junior wenner was Shantel van der Merwe met haar pragtige foto met so oulike storie:
‘Boereplaas jou leke ding’
zg588-1rs

en die senior afdeling is gewen deur Eric Bosman met ‘n snak na jou asem foto:
‘Oop bek’.
zg588-2rs

Die tema vir September was stillewe en daar was ‘n paar baie interessante inskrywings. Die junior wenner hier was ‘n pragtige simplistiese foto:
‘Die koning’ van Surika Samwell
zg588-3rs

en die senior foto ‘n pragtige artistiese foto:
‘Die appel en die versoeking’ van Lizette Coetzer.
zg588-4rs

Carina Samwell het die een-ster afdeling gewen met haar foto: ‘Daizies’.
‘Boereplaas jou leke ding’ het ook met die eerste plek weggestap in die twee-ster afdeling.

Frik du Plessis het die drie-ster afdeling gewen met sy foto: ‘Goodyear formation’, Marinda Oberholzer het die vier-ster afdeling ingepalm met haar foto: ‘Pad na my siel’.

Die Meester Brons ope is deur Alet van der Westhuizen gewen met die foto: ‘Stallion’.
In die wildlewe afdeling het Nic Samwell die drie-ster afdeling gewen met sy foto: ‘Lekkende luiperd’, Lizette Coetzer het die vier-ster afdeling gewen met ‘Toe word hy dors’, Deon Buckley het die vyf-ster afdeling gewen met ‘Statig’ en Eric Bosman het die Meester brons gewen met ‘Oop bek’.

Ook die monochrome-afdeling het uitstekende foto’s opgelewer. Die drie-ster afdeling is deur Surika Samwell opgeraap met haar foto: ‘Catnip’ en die Meester ster behoort aan Gerhard Visagie met sy pragtige foto: ‘Misty morning Himeville’.

Natuur foto’s het ook onder die vergrootglas gekom en die drie-ster is deur Lynette Taljaard gewen met ‘Rooi oog’. Nico Coetzer het die vier-ster afdeling gewen met sy foto: ‘Sneaky’.

Kriel Fotoklub se volgende beoordeling sal Woensdag 21 Oktober plaasvind.

Belangstellende fotograwe is welkom om die klub te besoek.
Kontak Alet: 082 850 4706 vir meer inligting.

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button