Local sportSport

Pumas gaan Border toe

Tot dusver is die o.19 en o.21 Puma-span nog onoorwonne na drie wedstryde

Rugby is in die lentelug en so is die Pumas ook weer besig om trots te maak met hul briljante spel in die jaar se afdeling-B Curriebekerreeks.

Tot dusver is die o.19 en o.21 Puma-span nog onoorwonne na drie wedstryde. Die spanne het alreeds teen die Valke, Boland en SWD gespeel en speel die komende naweek teen Border by die Puma Stadion in Witbank om 14:30, Saterdag 5 September.

Die ster spanne het die volgende punte verwerf in die reeks sover, Saterdag, 15 Augustus het die twee spanne teen die Valke gespeel en albei spanne het gewen met ’n telling van: o.21 Pumas 43-42 en die o.19 Pumas 39-31. Die naweek van 21 Augustus het beide spanne teen SWD gespeel en ook huis toe gegaan met wentellings : o.21 Pumas 45-31 en die o.19 Pumas 41-17. Die afgelope naweek het die twee yster spanne weer nie teleurgestel nie en het Boland met tellings as volg gewen: o.21 Pumas 56-40 en die o.19 Pumas 44-33.

Daar is wel ’n storie agter hierdie twee spog spanne se goeie spel op die rugbyveld. Die o.19 B-divisie Puma-span spog met top spelers.

Ian Truter die onder-kaptein en buitesenter van die span het prestasies van sewe drieë tot 3de rank in die o.19 A en B divisie verwerf, hy is ook aangewys as speler van die wedstryd, teen die Valke en Boland.

CV37ars
Ian Truter, onder-kaptein en buitesenter van die o.19 Puma B-divisie span in aksie.

Sy mede-spelers soos Ruben Opperman, binnesenter en Christo Swart, voorry spog ook met ’n lys prestasies.
Die drie manne is produkte en oud-leerders van HTS Witbank en deel die rugbyveld al ’n geruimte tyd saam.

CV37brs
Nie bang vir ’n duikslag nie. Spelers van die o.21 Puma B-divisie in aksie.

Ian en Ruben speel al van Gr.8 af saam rugby as senterpaar. Christo en Ian het beide al in 2014 vir die o.19 Pumas Curriebeker gespeel tydens hulle matriekjaar.

Met die koers kan die Pumas B-divisie net hulle ondersteuners meer beïndruk ,die 2015 Curriebeker reeks met toe oë wen en die beker lag, lag huis toe neem.

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button