Local newsNews

Vrouwees saam met Nocturne

Vrou jy is waardig en ons waardeer jou

Augustus is Vrouemaand en lede van die Nocturne Vroue Landbou-unie aandtak het besluit om iets spesiaal vir een vrou te doen.

Daar is besluit om ‘n vrou in die gemeenskap te identifiseer en haar vir die dag te bederf. Zelda Smit het geen idee gehad nie dat sy gekies is nie en is die oggend opgetel deur Karen Oberholzer en na die salon gebring. Sy is bederf met ‘n warm koppie koffie en ‘n gesondheidsdrankie.

abb747rs
Marinda Hattingh (voorsitter) Anne-Marie Bouwer, Zelda Smit, Thembi Nkosi, Elma Lindhout, Xandra de Wet en Tara Bowden.

Elma Lindhout en Thembi Nkosi het haar onder hande geneem en haar ‘n gesigsbehandeling gegee, daarna het die voete en toonnaeltjies aan die beurt gekom. Xandra de Wet het haar hare gekleur, geknip en geblaas. Anne-Marie Bouwer het haar naels versorg en Tara Bowden het die grimering gedoen.

Al die dames van Nocturne-tak het bederfgoedjies geskenk en Wilma van Zyl het dit in ‘n geskenkmandjie verpak.
Die eindproduk was pragtig en Zelda se dogter kon nie glo toe sy haar mamma weer optel hoe pragtig sy gelyk het nie. Die dankie sê boodkappies die aand vanaf die dame het alles die moeite werd gemaak.

“Soms is die kleinste dingetjies wat ons as vanselfsprekend aanvaar juis dit wat iemand anders se lewe kan aanraak,” het die vroue gesê.

Die Vroue Landbou-unie is vroue wat omgee en vriendinne wat die vrou ophef en respekteer.
Vrou jy is waardig en ons waardeer jou. Dankie aan elkeen wat bygedra het tot hierdie dag.

Back to top button