Local sportSport

Swartbaars laat die skaal kreun

Vanjaar was die 10de jaar wat die Swartbaars Hengelaars die koue aangedurf het met die jaarlikse Outdoorsman Bass Skins.

Die weer was nie aan hulle kant nie, maar dit het nie die hengelaars gekeer om met indrukwekkende swartbaars by die skaal op te daag nie. Die unieke kompetisie word by Witbankdam aangebied, ‘n dam wat bekend is daarvoor om redelike grootte swartbaars dwarsdeur die jaar op te lewer. Die ‘bass skins’ gee die hengelaars verskeie kanse om ‘n prys te wen in elkeen van die vyf ‘skins’.

Petrus Kotze, Noddy Naude en Ruaan Geldenhuys het die top drie plekke bepaal in die tweede afdeling, saam hulle is Frans Oberholzer en Fanie Fourie.
Petrus Kotze, Noddy Naude en Ruaan Geldenhuys het die top drie plekke bepaal in die tweede afdeling, saam hulle is Frans Oberholzer en Fanie Fourie.

Daar is ‘n eerste, tweede en derde plek vir elke afdeling. Die uitslae was soos volg vir die dag.
Skin 1: Ruan Wahl (1.460kg) in eerste, Petrus Kotze (0.945kg) in tweede en Jacques Schoeman (0.742kg) in derde;
Skin 2: Petrus Kotze (1.744kg) in eerste, Noddy Naude (1.071kg) in tweede en Ruaan Geldenhuys in derde plek.
Skin 3: Fanie Fourie (1. 444kg) in eerste, Jacques Myburgh (1.385kg) in tweede, en Wayne Naude (1.068kg) in derde.
Skin 4: Braam Wahl (0.988kg) in eerste, Petrus Kotze (0.780kg) in tweede en Johan Swartz (0.770kg) in derde plek.
Skin 5: Noddy Naude (1.276kg) in eerste, volgens is Ruan Wahl (1.152kg) in tweede en Johan Swartz (0.985kg) in derde plek.

Fanie Fourie, Jacques Myburgh en Wayne Naude het die top drie plekke gevat in die derde afdeling, saam hulle is Frans Oberholzer en Fanie Fourie.
Fanie Fourie, Jacques Myburgh en Wayne Naude het die top drie plekke gevat in die derde afdeling, saam hulle is Frans Oberholzer en Fanie Fourie.

Petrus Kotze het die seniors afdeling gewen met ’n swartbaars van 1.774kg en in die juniors het Quintus Myburgh gewen met ’n swartbaars van 0.794kg.
“Ons van WALAC wil graag die Witbank Yacht Club, The Outdoorsman en die hengelaars wat bereid was om uit te kom graag bedank vir die aangaande ondersteuning,” se Fanie Fourie.
Volgende jaar is die Outdoorsman Bass Skins terug op 18 Junie, sien julle daar.

Saam Frans Oberholzer en Fanie Fourie is Braam Wahl, Petrus Kotze en Johan Swartz jnr. Die drie manne het die vierde afdeling gewen.
Saam Frans Oberholzer en Fanie Fourie is Braam Wahl, Petrus Kotze en Johan Swartz jnr. Die drie manne het die vierde afdeling gewen.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Witbank Nuus se webwerf:
Witbank Nuus

Besoek ook ons Facebook of Twitter blaaie.
Is jy passievol oor jou gemeenskap? Teken in op ons splinternuwe nuusflitse. Stuur ‘n boodskap op WhatsApp met jou ‘Naam en Van’ na 082 955 7201 of teken aan op BBM 7F6C600F om jou nuusflitse gratis te ontvang.

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Back to top button