BlogsEditor's noteOpinion

Dood het ook ’n oorsaak

‘Dis blerrie Eskom’. In baie erger gevleuelde taal kan ons vandag als op die elektrisiteitreus blameer.

Die realiteit dat ons die naweek in die donker afskop as gevolg van beurtkrag skree sommer so oor die webblaaie.
Instink skop sommer so vanself in en daar word gesorg dat die ligte wat ons by die Chinese-winkel gekoop het, herlaai. Water word gekook en in ’n warmwaterfles gegooi en daar iewers skree die Engelsman ‘Nou gaan ons braai’.
Dit maak nie saak of jy elders op die landkaart bly nie, hier in sonnige Suid-Afrika tref die beurtkrag almal behalwe Soweto. ‘So where to now’ kry ons maar ’n woonplekkie soos ’n skande met ’n hoenderhok en al daar in ‘So where to’?

Dit voel asof die enigste ‘light’ wat op die stadium aangaan my ‘service-light’ is.
En dié ‘service-light’ is besig om gevaarlik te flikker as gevolg van die algehele prysverhoging in dienslewering.
Zethembe Khoza van Eskom het nou die dag gestotter ‘Wanbetaling vir elektrisiteit ondermyn Eskom se statutêre verpligting om elektrisiteit te genereer en op ’n finansieel volhoubare grondslag aan munisipaliteite landwyd te verskaf’.

Nou kots ek ’n mondvol ‘Afsit van elektrisiteit ondermyn my statutêre verpligting om volhoubaar te funksioneer hetsy by my werksplek of by my pandokkie’.
Wel iemand moet betaal vir die handdrukke wat so ryklik deur die entiteite uitgedeel word. Van Jan Taks se kantoor af Anwa Dramat, die kommissaris het net nou die dag R13-miljoen gekry en sy tweede in bevel Ivan Pillay ’n allemintige R2.5-miljoen.

Nou kom ons by die sjokoladesous op die roomys, die keiser kry ’n salarisverhoging van net R2.75-miljoen.
En nog steeds seg die Engelsman ‘Nou gaan ons braai’.
So vertel een huisagent net die ander dag aan ’n kliënt, as jy ’n JoJo tank en ’n kragopwekker het, verkoop jou huis blitsvinnig. Waar is die dae toe jy nog huis gesoek het en ’n swembad en lapa die deurslag gegee het tot ’n ou stewige winsie.

Deesdae is kragbesparing die tema van die meeste gesprekke en Google verbruikers gereeld soek na ‘tips’ hoe om krag te bespaar.
Skree die Engelsman daar van die vuurtjie af ‘om krag en water te bespaar moet ons maar almal saam bad, selfs die buurvrou ook!’
Ek wonder of daar ’n goeie prokureur is wat die weg wil baan en die saak wil aanvat, want dis Eskom se skuld dat die Engelsman sopas sy laaste tjoppie op die braai gegooi het.

Back to top button