Local newsNews

Hondekind weer weg

Dis die tweede keer wat haar hondjie verdwyn.

’n Ma se troos is nie genoeg om trane te keer wanneer dit blink in die groot hartseer ogies nie. Tot Heidi, die Pekingese, weer terug is by die huis sal daar baie hartseer aande wees.
“Sy het nog so met die kinders in die erf gespeel en die volgende oomblik toe’s sy net weg,” het me. Jessica Botes Dinsdag 7 April vertel, na haar twee-jarige dogtertjie se hondjie Vrydag 27 Maart vermis geraak het.

Heidi, ’n nege-maand oue Pekingese hondjie, het glo net spoorloos in die Blacheville omgewing verdwyn.
“Sy kom partykeer uit die erf uit en gaan dan na die bure se huis toe,” het Jessica vertel. Dié keer het die bure nie vir Heidi gesien nie en was Jessica straat op en af om die klein hondjie te soek met geen sukses.
“Dit het al voorheen gebeur wat sy uit ’n toe erf weggeraak het,” het Jessica verder vertel. “Sy het laas jaar uit my broer se erf verdwyn na ons weggegaan het en haar daar gelos het.”

Jessica vertel dat sy nie lank dié keer na Heidi gesoek het nie. “Die koerant was skaars uit met die foto van Heidi in toe ’n vrou my bel en sê sy’t my hondjie. Sy wou dadelik weet van die beloning voor sy haar vir my teruggee.” Jessica vertel dat die persoon ook vir baba formule gevra het saam met die kontant beloning.
“Sy het nie in dieselfde area weggeraak die keer nie, maar ek is steeds versigtig om enige beloning te belowe voor ek haar terug kry.”
Enigiemand wat Heidi gewaar het kan Jessica kontak: 076 166 7461.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Witbank Nuus se webwerf:
Witbank Nuus

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.
Is jy passievol oor jou gemeenskap? Teken in op ons splinternuwe nuusflitse. Stuur ‘n boodskap op WhatsApp met jou ‘Naam en Van’ na
082 955 7201 of teken aan op BBM 7F6C00F om jou nuusflitse gratis te ontvang.

Back to top button