Local newsNewsUpdate

Video: Springbokke vir Jesus

Altesaam 580 manne en vroue het opgestaan en in een stem gesê, “Ons God lewe!”

Dié belydenis het mense in hoendervleis laat uitslaan tydens die Bok-en-Biltong-aand wat Dinsdag 24 Februarie in The Venue by The Ridge aangebied was.
Die aand is deur die oud-Sprigbokke, Jannie de Beer, Carel du Plessis en die nuwe talent op die rugbyveld, Arno Botha ingekleur met staaltjies uit vergange se dae van Springbok-glorie.

Carel het vertel dat hy op 20-jarige ouderdom die eerste keer die Groen-en- Goud aangetrek het.
Toe hulle in Nieu-Seeland kom, was hulle nie soos vandag se Springbok-helde ontvang nie. Sommer met die intrapslag het die Nieu-Seelanders gewys hulle hou nie van die toerspan nie en het die bus se vensters met blikkies koeldrank bestook.
Dit is ook waar dat die span in die paviljoen se kleedkamer moes slaap.
“Die betogers het saam ‘getoer’. Op elke veld waar ons was het dieselfde mense ons met blikkies koeldrank gegooi,” het hy vertel.
’n Interessantheid is dat al drie die Du Plessis-broers Springbokrugby gespeel het.

Carel het ook in die Cravenweek o.12 gespeel en sy heel eerste Cravenweek-wedstryd was in Middelburg.
Arno speel rugby in ’n era wat die sport ook ’n wetenskap geword het.
Hulle oefenprogram begin op ’n Maandag met ’n gim-sessie, dan is dit veld toe, ’n vinnige maar gebalanseerde middagete dan video-analise van die vorige wedstryd, weer veld toe en om die dag af te sluit ’n gim-sessie.
Jannie het vertel dat hy amper op sy rug geval het, toe hy hoor daar is 17 verskillende skoppe.
“Dis nou tegnies op sy beste. In my dae was daar vier skoppe, afskop, doelskop, skepskop en dan strafskop. Ons het gemik en geskop en ek glo dit het gewerk,” het Jannie vertel.

Hy het die gaste by die Bok-en-Biltong-aand ’n bietjie meer vertel van die 1999 Rugbywêreldbeker waartydens hy ’n Suid-Afrikaanse toetsrekord opgestel het in die wedstryd teen Engeland toe hy vyf skepskoppe oorgeskop het.
Al drie die Springbokke het na die rugbystories vertel hoe God hul lewens ingrypend verander het.
Toe hulle opstaan en verklaar dat God hul lewens verander het, het die res van die gehoor gevolg en dieselfde gedoen.

Vir Manne van die Woord wat die aand gereël het, ’n pluimpie want vir die tweede jaar agtereenvolgend was hierdie ’n reuse sukses.

Back to top button