Local newsNews

Held se stryd en oorwinning

Hy het al menige lewensgevaarlike situasies in die gesig gestaar... vlamme wat om hom woed... die dak van ’n gebou wat op hom neerstort.

Ja, dié oud brandweerman ken gevaar en die stryd om lewens te red.
Maar die grootste gewaar… een wat hom onverwags betrap het in die vorm van ’n gewas op die brein… sou al sy dapperheid verg en sy swaarste stryd nog wees.

“Dit was maar nog altyd in my om ’n brandweerman te wees…” die 51-jarige Ronnie Stigling sit stadig terug op die rusbank. Die beweging lyk moeisaam, maar hy hou skouers reguit en kop op – die statuur van ’n man, ’n held, wat vir jare as kneg van ’n gemeenskap gedien het.
Gebore en getooi in Witbank, een van drie seuns, het Ronnie altyd geweet wat hy vir ’n lewe wou doen. Na twee jaar se opleiding by die polisie het hy by die brandweer aangesluit waar hy vir 20 jaar lank gedien het.

“Dit was daai jare nog baie anders,” het Ronnie vertel. Die brandweermag was Witbank se enigste nooddienste onder die leiding van Piere Botha.
Ronnie deel mee van sy herinneringe as lid van die brandweer. Hy herroep ’n voorval jare terug toe daar ’n brand by Rand Carbide ontstaan het en hy self in die brandende gebou moes ingaan om mense, wie vasgevang was binne, te red.
Nog ’n voorval wat by Ronnie altyd sal bly, is die van ’n motorfietsongeluk in Springbokstraat, Tasbetpark. “Ek het in die man se bloed gelê, waar ons vir ’n uur lank gespook het om hom aan die lewe te hou.” Ronnie se oë staar na iets in die vêrte soos hy onthou hoe ’n helikopter die man van die toneel verwyder het. “Die man het dit nie gemaak nie, maar as ’n orgaanskenker kon hul wel sy organe, wat nie te erg in die ongeluk beskadig was nie, skenk aan passiente wie se lewens wel gered kon word.”

Gedurende sy tyd by die brandweer het Ronnie geskiedenis gemaak met die puik idee om Land Cruisers te benuttig as reddingsvoertuie. “Hul het daai dae nog van baie groot en lomp voertuie gebruik gemaak. Die Land Cruizer was meer kompak en, natuurlik na modifikasies, meer prakties as ’n nooddiensvoertuig.”
In samewerking met Stoffel Steyn, was dié ‘geboorte kind’ van Ronnie gehelp ontwikkel deur Emergency One wat die nodige modifikasies aan die voertuig kon maak.
Die idee vir die gebruik van so ’n plaaslike reddingsvoertuig, wat ook dan minder onderhoudskostes dra, het vinnig versprei en dit was nie lank daarna toe ’n besigheid in Sandton, Johannesburg die geleentheid aangegryp het om hul eie plaaslike reddingsvoertuig te bemark nie.

Na sy jare by die brandweer is Ronnie na Sasolbrg waar hy by ’n konstruksie maatskappy gewerk het.
Dis hiér waar Ronnie die eerste tekens van die gevaar, wat sy lewe sou verander, beleef het.
“Ek het epileptiese aanvalle begin kry.”
Ronnie was na sy eerste aanval hospitaal toe geneem waarna dokters kolle op ’n brein skandering opgemerk het. Hy was na Middelburg geneem waar daar vir hom gesê was dat hy maande, miskien ’n jaar het om te lewe.
Vrees flits deur Ronnie se oë soos hy die nypende gevoel van angs herroep.
As ’n brandweerman moes hy altyd braaf wees in lewensdrygende situasies, maar soos hy die keuse moes maak om brein chirurgie te ondergaan, het sy dapperheid hom gevaal.

Na gebede en ’n agt uur operasie by Steve Biko Hospitaal, wat die inspanning van drie professors en drie narkotiseerders geverg het, het Ronnie – gewas vry – lewendig laas jaar in Julie teruggekeer na sy familie.
Alhoewel die linkerkant van Ronnie se lyf verlam is na die operasie, het hy weer hoop om sy lewe, soos dit was voorheen, terug te kry. Met genoeg oefening en positiwiteit hoop hy om ‘eendag uit die bed uit optestaan en weer te loop’.

Dié brandweerman, die held, pak die stryd aan en sal deur die Here se genade oorwinnend wees.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Back to top button