Editor's choiceLocal newsNews

Egpaar van eMalahleni vier hul 55ste jaar van saamwees vandag!

’n Leeftyd saam.

’n Egpaar van eMalahleni vier die naweek hul 55ste jaar van saamwees.

Aby Bothma (79) en sy vrou, Martie (74), het mekaar in 1956 ontmoet deur Martie se neef wat Aby geken het.
“Dit was nie liefde met die eerste oogopslag nie,” het Martie laggend gesê. Dié twee jongmense het eers later “gekys” en het in 1958 verloof geraak.

Vir die volgende twee jaar het hulle tyd saam geniet. Op 6 Februarie 1960 het Aby en Martie afgehaak en is hulle in die huwelik bevestig in die Nederduits Hervormde Kerk, Witbank-Suid gemeente.
Twee dogters en twee seuns is uit die huwelik gebore.

Aby Bothma en sy vrou, Martie, is Vrydag 6 Februarie 55-jaar getroud.
Aby Bothma en sy vrou, Martie, is Vrydag 6 Februarie 55-jaar getroud.

Die kinders het grootgeword in ’n huis in Woltemadestraat, waar die familie vir 40 jaar gewoon het.
Aby en Martie spog met vyf kleinkinders en twee agterkleinkinders, waarvan een oorlede is. Gerye Luduke (8) is verlede jaar oorlede aan breinkanker.
Ouma Martie hou ’n foto van haar engelkind op haar werkstafel.

Vir hulle 55ste huweliksherdenking gaan alle die familie bymekaarkom by ’n plek in Witrivier om dié groot geleentheid te vier.
“Ons gaan Vrydag ry en ons gaan die hele naweek saam met ons familie vier,” het Martie gesê.
Aby werk nog op karre om homself besig te hou, terwyl Martie haarself besig hou met boekhou.

Die egpaar is gevra wat is die resep vir ’n lang huwelik. “ Uithou, bekhou en aanhou,” het Martie gesê.
“Kalm bly, baie liefde, gesond eet en drink,” het Aby sy bestanddele bygevoeg.

Back to top button