Local sportSport

Mpumalanga Atletiek spog met die bestes

Die Mpumalanga atlete het gehardloop laat die stof so staan gedurende die SA 21km Kampioenskappe en het met drie medaljes huis toe teruggekeer.

Die kampioenskappe het die jaar in Pretoria plaasgevind op Saterdag 15 November, met 16 provinsies wat deelgeneem het. Die Mpumalanga Atletiekspan het hul beste gelewer op die baan en die vrouespan, wat bestaan uit: Ntokoza Dlamini, Noria Sibanda, Sherelee Gelderblom en Gift Ramabele, het ’n algehele derde plek verower.

Sherelee was aangewys as junior wenner met ’n tyd van 1:27:44 wat die goue medalje werd is. Sy het ook ’n algehele sewende plek verower (vroue deelnemers).

Ntuthuko Maseko verdien ’n silwer medalje in die 35+ mans ouderdomsgroep, met ’n goeie tyd van 1:09:28.
Amos Thandekwayo was algeheel 15de (van die mans deelnemers) met ’n spoggerige tyd van 1:08:59. Die Mpumalanga mansspan het vierde geëindig in die kampioenskappe.

Al die deelnemers kan opreg trots wees op hul besonderse prestasies.

You can read the full story on our App. Download it here.

Back to top button