Local sportSport

Shumba Ferro’s, span van die jaar

Shumba Ferro’s spog weereens met ’n uitstekende span en top spelers die jaar.

Die Super Liga trofee wat vir die derde jaar weer in die Shumba’s se trofeekas staan en blink is als te danke aan hierdie uitsonderlike spelers.

Die Ferro’s jaareindfunksie het Vrydagaand 24 Oktober plaasgevind by die CTC lapa waar die spanne se top spelers vir die jaar uitgewys is.

Die aand het afgeskop met die oorhandiging van sertifikate aan die amateur rugby spelers (o.19 en o.21).
Borge en komiteelede is ook bedank vir hul bydrae in nog ’n suksesvolle jaar vir die Ferro’s.
Jaco Marneweck het die eerste ‘trofee’ ontvang vir ‘Stoute seun van die jaar’ – of soos sy afrigter Willie Oosthuizen sal sê: ‘bolliemaker van die jaar’.

Jackie Smit pryk trots met die speler van die jaar trofee.
Jackie Smit pryk trots met die speler van die jaar trofee.

Winsin Theron is aangewys as die junior span se beste speler van die jaar, asook die beste junior voorspeler.
Jannie van der Merwe het die trofee ontvang vir ‘senior speler van die jaar’.
Afrigter Willie was veral trots om die ‘mees lojale speler van die jaar’ trofee aan MC Botes, ‘’n regte staatmaker’, te oorhandig.

Riaan du Preez is aangewys as die speler wat die beste vordering gewys het in die junior span.
Die beste senior voorspeler van die jaar trofee is aan Willie van der Merwe oorhandig. Beste senior agterspeler is toegeken aan Tommy Collen en Juadré Schmidt het met die junior agterspeler trofee gespog.
Christiaan Els het die gesogde trofee ontvang vir Sewes speler van die jaar en Ruan du Plooy is die junior speler van die jaar.

Die laaste trofee, die van speler van die jaar is aan Jackie Smit oorhandig.
“Jackie is seker een van die beste nommer ses flanke in die provinsie. Sy werksetiek in elke wedstryd is ongelooflik.Hy is ’n dodelike verdediger en maak met feitlik elke afskop ’n verskil en verseker omkeer besit by elke takel waar hy teenwoordig is. Hy is altyd positief – behalwe as ons verloor… hy is ongelooflik kompeterend. Hy speel sedert hy skool (HTS Witbank), verlaat het by ons. Sy geloof en lewenswaardes word op en van die veld voluit uitgeleef,” het Willie trots gespog.
Ferro’s Year End Function fotos hier.

Back to top button