Local newsNewsUpdate

Motorfietsryer sterf week na ongeluk

“My sonskynkind, my ‘free spirit’ kind, Hy het jou vir my geleen en ek gee jou nou terug aan Hom.”

“My sonskynkind, my ‘free spirit’ kind, Hy het jou vir my geleen en ek gee jou nou terug aan Hom.”

So het ’n gebroke me. Madeleine Swanepoel gesê nadat haar dogter verlede week dood is na ’n ernstige motorfietsongeluk twee weke gelede.
Die 24-jarige Euleine de Kock, het Vrydag 26 September aan die veelvuldige beserings wat sy opgedoen het tydens die ongeluk, in Witbank Hospitaal beswyk nadat haar organe begin ingee het.

“Alles medies moontlik is gedoen om my kind te red, maar haar liggaam was stukkend,” het me. Madeleine Swanepoel gesê.
Die ongeluk het Vrydag 19 September omstreeks 10:30 in die kruising van OR Tambo- en Kiepersolstraat gebeur.
Eulaine, of ‘Happy Feet’ soos meeste mense haar geken het, was in die rigting van die Bethal-pad op haar Suzuki-motorfiets onderweg toe die botsing  met ’n Audi plaasgevind het.

“Baie dankie aan almal wat vir Euleine gebid het, die besoeke, boodskappies en oproepe, dit word opreg waardeer. ’n Spesiale dank aan drs. Madina en Esterhuizen, asook die personeel van Witbank Hospitaal se intensiewe-eenheid wat so mooi na Euleine omgesien het,” het me. Swanepoel gesê.

Die roudiens vind Vrydag 3 Oktober om 11:00 vanuit die NG Kerk, Witbank Vallei (h/v Kiepersol- en Okapistraat) plaas. Besigtiging vind tussen 08:30 en 10:00 by The Funeral Home (4 Northeystraat) plaas.

Check Also
Close
Back to top button