NewsSchools

HTS se hokkie-bokkies pronk by dinee

Die hokkie-bokkies van die Hoër Tegniese Skool het hulle sportklere en hokkiestokke vir eers opsy geskuif en pragtig gepronk in aanduitrustings tydens hul jaarlikse hokkie-dinee.

Die hokkie-bokkies van die Hoër Tegniese Skool het hulle sportklere en hokkiestokke vir eers opsy geskuif en pragtig gepronk in aanduitrustings tydens hul jaarlikse hokkie-dinee.

Die spog-geleentheid het Vrydag 5 September plaasgevind en is deur 132 van HTS se hokkie-spelers bygewoon en behalwe dat almal pragtig gelyk het, het hulle ook tot laat aand gedans en gesmul aan heerlike kos.

Verskeie toekennings is by hierdie geleentheid oorhandig, waaronder: top punte maker vir die eerste span, wat aan Marcia da Silva toegeken is. Elke afrigter het ook ’n spesiale geskenkie ontvang by hulle onderskeie spanne.

Sonder HTS se groep entoesiastiese afrigters en ongelooflike ouers soos Anne-Marie O’Grady en Mari van der Walt sou hierdie geleentheid nie moontlik gewees het nie.

HTS se hokkie-organiseerder, me. Adri Minnaar bedank elke ouer, afrigter en elke speler vir hul bydra tot die suksesvolle aand.

Back to top button