Local sportSport

Koue laat die vis ‘slaap’

Die koue front wat homself voor die jaarlikse Sterling Plastics Loskop Bass Bonanza tuisgemaak het, het die vis in Loskopdam te lui gemaak om te byt.

Altesaam 70 hengelaars het Saterdag 23 Augustus aan die jaarlikse hengelkompetisie deelgeneem.

Vroegoggend het almal vol verwagting weggespring met die hoop om weg te loop met die eerste prys van R10 000. Die koue front van die vorige paar dae het die hengel egter moeilik gemaak. Slegs 31 vis is geweeg. Die totale gewig van die vis wat geweeg was, was 58.745kg. Die gemiddelde gewig was 1.895kg.

Die wenner van die dag was Willem Poortman met ‘n swartbaars van 4.100kg, tweede Fanie Fourie 4.030kg en  derde
Philip van Niekerk 3.899kg.

Anrich van den Berg was aangewys as die junior wenner.
Die dames wenner was Charlene Wessels (1.150kg).

“Dankie aan al die hengelaars wat deelgeneem het. Ook aan ons borge baie dankie dat julle die dag moontlik gemaak het,” het Theuns Brecher, een van die organiseerders van die kompetisie gesê.

Hy het gesê hengelaars moet 22 Augustus volgende jaar oophou vir die volgende jaarlikse Sterling Plastics Loskop Bass Bonanza.

You can read the full story on our App. Download it here.

Back to top button