Local newsNewsUpdate

Bejaarde boer steeds kritiek, maar dokters het hoop

Sakkie se toestand is steeds kritiek – fondse vir sy hospitaalkostes kan nou direk in die hospitaal se rekening betaal word.

eMalahleni se bejaarde boer wat vroeër die maand in ‘n veldbrand beseer is, se toestand is steeds kritiek.

Dokters by Life Midmed Hospitaal het onverpoos vir Sakkie van der Walt (68) se lewe geveg en goeie nuus het die hoop weer laat opflikker.

Sakkie van der Walt (68) se oë is oop en sy bloeddruk is beter. Maar, hy is steeds op lewensondersteuning en dialise omdat sy niere ingegee het.

Sy stiefseun, Tiaan du Plessis het gesê spesiale  wondverbande word gereeld vervang en die kostes hiervan is baie hoog.

Weghol brand het Sakkie vasgekeer

Die vlamme het Sakkie op 3 Augustus oorval toe hy met vergunning ‘n brand op sy plot by Elandspruit plaas begin het.

Sakkie het kort nadat hy in Impungwe Hospitaal opgeneem is, tydens ‘n onderhoud met WITBANK NEWS vertel dat hy seker gemaak het dat die vuur heeltemal geblus was.

Maar ‘n warrelwind het ‘n smeulende miskoek weer laat opvlam.

“Die vlamme het skielik weer begin brand en ek het met my waterkar soontoe gejaag. Die vlamme het egter begin weghol. Ek het magteloos toegekyk hoe my waterkar brand.”

‘n Buurman het gesien toe Sakkie deur die rook en vlamme oorval is. Die buurman het blykbaar nog nooit ‘n trekker gery nie. Hy het Sakkie op die trekker gelaai en na veiligheid toe gery.

Sakkie is na Impungwe geneem, maar die hospitaal beskik nie oor die nodige fasiliteite om na brandwonde om te sien nie.

Sakkie en Leatitia van der Walt kort nadat Sakkie by Impungwe Hospitaal opgeneem is.

Nadat die familie op sosiale media uitgreik het, het ’n weldoener na vore getree en die deposito betaal om Sakkie na Life Midmed Hospitaal oor te plaas waar sy wonde in teater skoongeskrop is en sintetiese vel oorgeplant is op sy arms en rug.

Sakkie is egter te swak om nou weer teater toe geneem word.

Skarebefondsing  loop maar stadig  – geld kan nou direk in Life Midmed se rekening betaal word

Die hospitaalkostes hoop op en daar is ‘n skarebefondsing by Back-a-Buddy vir hom gestig.

Geld kan ook direk in die hospitaal se rekening betaal word.

Die rekeningbesonderhede is:

  • Middelburg Private Hospital
  • FNB Johannesburg
  • Rekeningnommer: 62329139605
  • Takkode: 255005
  • Gebruik asseblief die verwysing: 515521

“Bid asseblief saam met ons. Ons weet ons dien ’n God van wonders en niks is by God onmoontlik nie,” het Tiaan gevra.

Wat is jou opinie?

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

HET JY GEWEET?

Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.

Check Also
Close
Back to top button