Local newsNews

eMalahleni skoonheid se TikTok video laat jou besef hoe kwesbaar jy op die pad is

Die voormalige Mev. Suid Afrika titelhouer en Mev. Mpumalanga het haar hart oopgemaak na die kapings-nagmerrie waarin sy was.

Die skoonheidstitelhouer Roxy van Bruwaene se nagmerrie-rit op die N4 maak opslae op TikTok.

Roxy het haar hart oopgemaak teenoor WITBANK NUUS en gesê, “Deur God se genade kan ek vandag oor my nagmerrie-ondervinding praat. Dit kon soveel anders uitgedraai het.”

Van Bruwaene was op 7 Maart op die N4 onderweg na ’n funksie in Pretoria toe sy deur ’n ongemerkte kar van die pad afgedwing en die middelpunt van ’n beweerde kapingsdrama geword het.

Dié beweerde kaping het net na 08:30 in die oggend gebeur op die dag waarop President Cyril Ramaphosa eMalahleni besoek het.

Vroeër die week is ’n man in Ekurhuleni gearresteer en die polisie glo hy is die baasbrein agter die blouligbende wat motoriste op die N4 gekaap het.

Luitenant-kolonel Mavela Masondo van die Gautengse provinsiale kantoor het in ’n persverklaring gesê ongelisensieërde vuurwapens, ammunisie, blouligte, ’n polisie uniform en polisiekentekens is in sy besit gevind.

“Die arrestasie van die verdagte mag ons help om baie sake op te los waarin motoriste deur ’n bende wat blouligte gebruik en hulle as wetstoepassers voordoen, geroof is,” het Gauteng se provinsiale kommissaris luitenant-generaal Tommy Mthombeni gesê.

Lees gerus Van Bruwaene se volle berig in die week se uitgawe van WITBANK NUUS.

Sien Van Bruwaene se TikTok video hier:

@roxytheoriginal

#triggersa #ier #n4 #n12 #tracn4 #sanral #Godsgrace #thankyou #besafe #whiteaudi #makeourroadssafeagain

♬ original sound – Roxy Van Bruwaene

 

Het jy ’n storie om te vertel?

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

  • Vir meer brekende- en gemeenskapsnuus, besoek gerus ons
  • Jy kan ons ook volg op sosiale media platforms: FacebookTwitterof Instagram

 

HET JY GEWEET?

Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.

Back to top button