Local newsNews

Staan nou saam of ons almal sink saam

Die kleinbesigheidseienaars van eMalahleni het vergader en oor die toestand van die munisipaliteit se diens en hoe dit hulle affekteer, te gesels. Die byeenkoms was georganiseer deur entrepreneur Chris de Beer, wie voel dat as mense nie nou saamstaan nie, sal dinge nooit verbeter nie. Oor die afgelope paar maande het almal wie ’n besigheid …

Die kleinbesigheidseienaars van eMalahleni het vergader en oor die toestand van die munisipaliteit se diens en hoe dit hulle affekteer, te gesels.

Die byeenkoms was georganiseer deur entrepreneur Chris de Beer, wie voel dat as mense nie nou saamstaan nie, sal dinge nooit verbeter nie. Oor die afgelope paar maande het almal wie ’n besigheid besit, swaar gekry as gevolg van krag probleme.

Chris se besigheid self het al baie daaronder gely omdat hy nou moet betaal vir ’n kragopwekker, en die een wat hy het, kan ook nie alles in sy besigheid krag gee nie, so meeste van sy produksie staan stil.

Hy het self besluit om met ander besigheidseienaars te gaan gesels om te hoor of hulle dieselfde uitdagings het. Almal is dit eens dat elke besigheid is besig om te sukkel, en die munisipaliteit gee nie vir hulle terugvoering nie. Die probleme is nie net die beurtkrag nie, maar die infrastruktuur wat uitmekaarval en kort-kort heeltemal af is.

Chris voel nou is die tyd vir mense om saam te staan en op te staan in hierdie penarie. Onafhanklike besighede in die dorp is ook op die punt waar die enigste manier van kostebesparing is, om personeel af te dank, en dit maak die probleme net al hoe groter.

“Ek kan verstaan hoekom die mense steel, watter keuse het hulle? Mense is honger en sonder werk, want ons kan nie meer genoeg geld maak om almal en alles te betaal nie. Almal dink net aan hulself. Jy sink ’n boorgat vir water, jy koop ’n kragopwekker vir jouself, maar wat van die mense wat nie dit kan doen nie? Ons moet opstaan en praat vir die wat nie ’n stem het nie, en as ons dit nie nou doen nie, gaan daar niks oor wees om te red nie. Dit is nie meer oor swart of wit nie, dit is oor die mensdom en dat ons almal net probeer om te lewe,” het Chris passievol gesê.

WITBANK NUUS het die munisipaliteit genader vir kommentaar, maar het nog geen terugvoer ontvang nie.

Het jy ’n storie om te vertel?

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

  • Vir meer brekende- en gemeenskapsnuus, besoek gerus ons webtuiste: www.witbanknews.co.za
  • Jy kan ons ook volg op sosiale media platforms: Facebook Twitter of Instagram

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button