Local newsNews

Geloftefeeste goed bygewoon in eMalahleni en Balmoral

Die Slag van Bloedrivier is die naweek herdenk.

Vanjaar se Geloftefees het almal aan die praat.
Meer as 32 000 mense het die Geloftedag by die Voortrekkermonument bygewoon.
Met die inwyding van die Monument in 1949 het 250 000 mense die verrigtinge bygewoon.

Mariaan Owen maak moerkoffie.

Die 150-jaar-herdenking van die Groot Trek in 1988 was die tweede grootste Geloftedag, het dr. Danie Langner, besturende direkteur van die Voortrekkermonument gesê.
Op die plaaslike front was daar drie Geloftefees-geleenthede aangebied.
Witbank Geloftefees het by die NG Basileia Gemeente (Klipfontein)plaasgevind.

Ed Rossiter het die kanon by die Geloftefees in Balmoral afgeskiet.

Hiér is die erediens deur ds. Armand van Zyl van Middelburg waargeneem en die feesrede deur Sieg van Huyssteen van Pretoria.
Oorkant die Portuguese-saal het die vlae skadu’s oor die ossewaens gegooi wat reeds ’n week al by die feesgronde van dié Geloftefees uitgestal is.
Soos altyd het die publiek kans gehad om ’n kykie in die wêreld van die Voortrekkers te kry.

Op Balmoral het ds. Gawie Coetzee meer uitgebrei oor die geskiedenis van Bloedrivier.

Moerkoffie het die lug gevul met die heerlikste geure, daar is boerebrode gebak en boerseep gemaak.
Ds. Ben Strijdom het dié diens gelei.
Op Balmoral het ds. Gawie Coetzee meer uitgebrei oor die geskiedenis van Bloedrivier.

Hy het ook die diens waargeneem.

Het jy meer inligting oor dié artikel?

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

HET JY GEWEET?

Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button