Local newsNews

Kiara dans die wêreld aan die brand

Kiara het gekwalifiseer om die land in Spanje te gaan verteenwoordig in 2024 waar meer as 20 lande gaan deelneem.

Kiara Solomon se danspassies het New York gaande gehad.

Sy het Suid-Afrika verteenwoordig van 9 Julie tot 18 Julie in die ‘stad wat nooit slaap nie’.

Kiara, wat ’n danser van Reachè Dance Academy is, het tydens die kompetisie vier eerste plekke en twee tweede plekke ontvang.

Tydens die Oktober-vakansie was sy by die Talent Africa Nasionale-kompetisie en het vir haar solo items vier diamant toekennings, 10 platinum toekennings en drie goue toekennings ontvang.

In die groep items het sy drie platinum toekennings, drie diamant toekennings en een goue toekenning ontvang.

Sy het ook spesiale toekennings ontvang vir top 10 senior danser, top 10 senior model, mees selfversekerde senior model en mees belowendste senior danser.

Sy het ook senior vroulike gesig van Talent Africa gewen en was gekroon as die algehele senior gesig van Talent Africa.

Het jy ’n storie om te vertel?

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490
• Vir meer brekende- en gemeenskapsnuus, besoek gerus ons webtuiste.
• Jy kan ons ook volg op sosiale media platforms: Facebook, Twitter of Instagram

HET JY GEWEET?
Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.

Back to top button