Local newsNews

Die skote klap by Witbank Skietbaan

Lede kom van ver om skote af te strek.

Lede van die SKA Versamelaars skiet klub het die skote behoorlik laat klap die naweek by Witbank Skietbaan.

Op Sondag 8 Oktober het die Witbank-tak diekompetisie aangebied waar alke skut sy skietvernuf kon ten toon stel.

Lede en gaste so ver as Gauteng het die dag kom bywoon vir lekker kompetisie.

Anton Kroep en Edward Rositter.

Vier skote in vier verskillende posisies was die vereistes wat aan voldoen moes word.

“Die dag is in die meerderheid vir die pret daarvan. Ons almal kom bymekaar en geniet die sport. Met die prys van ammunisie wat die hoogte in ‘skiet’, raak die sport bietjie duurder, maar dit gaan ons nie keer om bymekaar te kom en die sport te geniet nie,” het Ed Rositter, organiseerder, gesê.

 

Het jy ’n storie om te vertel?

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

  • Vir meer brekende- en gemeenskapsnuus, besoek gerus ons webtuiste: www.witbanknews.co.za
  • Jy kan ons ook volg op sosiale media platforms: Facebook Twitter of Instagram

 

Back to top button