Local newsNews

Jou weggooigoed is ’n antwoord op ’n student se gebed

Studente is van uiters beland vir Solidariteit Helpende Hand. Daarom het hulle verskeie projekte in plek om hul studente ’n hupstoot te gee.

Die Lente is nou offisieel hier en daar word nou skoongemaak, afgestof en weggegooi.

Daar is bokse vol goed wat jy moontlik gaan weggooi, maar het jy geweet daardie ongewenste goed kan ’n reuse verskil in iemand se lewe maak?

Jesse Donson en Karla le Roux.

Met jou ongewenste items kan Helpende Hand wonderwerke verrig. Ons Winkel Witbank is ’n welsynswinkel waar jy jou tweedehandse items kan gaan skenk of self vir jou ’n winskopie of twee kan opraap.

Sphiwe Mahlamgu rn Emmah Mokoena.

Uit die wins van die verkope, bied Helpende Hand maatskaplike hulp in die gemeenskap, werkgeleenthede en studiefondse aan studente wat wil gaan studeer, maar dit nie kan bekostig nie. Jou item is nie net ’n item nie, dit is ’n toekoms.

Gaan kuier gerus by Annari Swart, Jesse Donson, Bella Tlou, Karla le Roux, Shiwe Mahlangu en Emmah Mokoena by Ons Winkel in Jeanettestraat in die Wersea-gebou agter Fruit & Veg.

Jy gaan ’n winskopie opraap en dit spaar jou ’n rit om die goedere te gaan weggooi, want by Ons Winkel word dit met liefde ontvang.

Ons Winkel Klipfontein is ook ’n skatkis vol verrassings wat net wag om ontdek te word.

Dié winkel is geleë langs Checkers Hyper in Klipfontein.

Daar gaan jy sommer met die intrapslag verwelkom word deur Patrick Ferns, Mina Lourens en Elizabeth Mphela.

Patrick Ferns.
Mina Lourens.
Elizabeth Mphela.

As jy meer wil weet oor Ons Winkel, kan jy Sarel van Heerden, eienaar van Ons Winkel skakel by 082 902 2933.

Het jy ’n storie om te vertel?

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

HET JY GEWEET?

Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas

Back to top button