Local newsNews

Bonsai-entoesiaste is heeltyd aan die snoei

Lede van die Moyogi-Bonsai Kai-klub is ywerige kwekers wat graag spog met hul pragtige skeppings en met goeie rede.

Om ’n bonsai-boom te kweek is ’n langtermynprojek waarin baie tyd en moeite belê word.

Lede van die Moyogi-Bonsai Kai-klub is ywerige kwekers wat graag spog met hul pragtige skeppings en met goeie rede.

Daar is Saterdag, 9 September weer by die huis van Theuns en Marlene Visagie bymekaargekom waar daar geplant, gesnoei en gevorm is.

Een van die bonsai-bome op die tafel was Marlene se geërfde Kei-appel.

Die Kei-appel-bonsai.

“Ek het die boom van Alida Naudé geërf na haar afsterwe. Die boompie is deur Hannes Fritz en Stefan Pretorius van die Suikerbosklub in Heidelberg saamgestel,” het Marlene vertel.

Die Karooboerboom, wat baie moeilik blom en ’n meer as 20-jaar oue Yesterday Today and Tomorrow-boompie, wat tans in volle blom is, het ook die aandag getrek.

Theuns en Marlene is dit eens dat bonsai-kweek ’n baie bevredigende en rustige aktiwiteit is vir diegene wat daarvan hou om met plante te werk en ’n waardige kunswerk te skep.

Het jy ’n storie om te vertel?

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

HET JY GEWEET?

Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button