Local newsNews

Nocturne-dames ontmoet vir ʼn groter doel

Dié bottels gevul met liefde, hoop en heerlike sop bestanddele gaan aan die Jabez Huis en die Clewer en Schoongezicht-gemeenskappe geskenk word.

Die dames van die Vroue Landbou-unie Nocturne-tak het bottels gevul met ʼn droë sopmengsel van gort, lensies, rys en ertjies vir skenkings bymekaargemaak.

Die bottels is aan Jabez Huis geskenk en ook aan die Clewer en Schoongezicht-gemeenskappe waar daar ʼn groot behoefte is.

 

Van links: Elize Schoeman, Ernestine Otto, Andriesha Schoeman, Stefanie Erasmus, Laura Willer, Hanlie Swanepoel en Retricia Jansen.

 

Die dames het op 1 Junie ʼn tamatie-tema aand gehou waar raad gegee is oor tamaties, die voordele van tamaties asook ʼn resep om tamaties te droog.

Voorsitter van die tak, Wilma van Zyl sê sy kan nie die gevoel beskryf om deel van die groep te wees nie; haar hart loop oor van vreugde.

Honderd-sewe-en-twinting bottels is tydens beurtkrag verpak. “Gemiddeld kan ses mense uit een sopmengselbottel eet. Daar is 726 etes verpak.”

Ansie Conradie sê sy is baie bevoorreg om deel te wees van die Nocturne-span. “Hulle het oop hande en is altyd bereid om te help,” het sy gesê.

Sien die fotos hier:

 

Het jy ’n storie om te vertel?

Suur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of skakel ons by 013 656 2490.

HET JY GEWEET?

Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.

Back to top button