Local newsNews

Oud-dominee wat in die sop was oor kaalborsvroue kom wynproe-aand hou

Kaartjies vir die wynproe aand waar Bertus van Niekerk die gasheer is, is nou beskikbaar.

Die oud-dominee wat in 2012 die voorblaaie gehaal het toe hy tydens die bekendstelling van een van sy wyne ’n naak vrou op ’n perd as deel van sy ‘verwelkomingskomitee’gehad het, kom wynproe hou in eMalahleni.

Die kaal vrou van destyds het ooreengestem met een van die etikette op sy wyn wat deur die kunstenaar wyle Selma Albasini ontwerp was.

Bertus ‘Osbloed’ van Niekerk wat nou ’n wynmaker van formaat is, het een na die ander ‘reëls’ gebreek in sy bemarkingsveldtogte.

Hy het in 2014 in eMalahleni kom kuier en gesê, “Ek het nie elektrisiteit in my motorhuis waar ek my wyn maak nie. Natuurlike gisting én natuurlike verkoeling vind daar plaas. Ek soek die mees natuurlike maniere om wyn te maak. Dit stroop jou van tegnologie.”

LEES MEER HIER OOR BERTUS SE VORIGE BESOEK

https://www.citizen.co.za/witbank-news/22159/elke-bottel-wyn-nog-n-vriendskap-opgesluit/

Bertus kom weer op 30 Junie ’n wynproe-aand by Elkana Skool aanbied. Dit begin om 18:00 en kaartjies is R300 elk.  Dit sluit agt wyne, ʼn ete en nagereg in.

As jy dit wil bywoon, skakel 072 573 2501 vir meer inligting.

Wat is jou opinie?

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

HET JY GEWEET?

Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.

 

Back to top button