Local newsNews

Totsiens Tonie – Reynorif GPF groet een van hul lede

Die Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) van Reynorif het die afgelope naweek afskeid van een van hulle lede geneem.

Die Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) van Reynorif het die afgelope naweek die verkeer tot stilstand gebring tydens ’n laaste rit vir een van hul lede.

Mnr. Tonie Frechow is op 24 Mei aan natuurlike oorsake oorlede en sy GPF-vriende het Sondag, 28 Mei bymekaar gekom om in konfooi na sy huis te ry om die familie by te staan en te vertroos.

SIEN DIE VIDEO HIER:

Tonie het in 1983 na die destydse Witbank getrek.

Hy het drie jaar later na die Reynorif-buurt toe getrek waar hy aktief in sy gemeenskap betrokke was.

Hy laat sy vrou Edna, sy seun Leopold, dogter Marizka, skoondogter Marjida, skoonseun JP en kleindoger Chaneka agter.

Het jy ’n storie om te vertel?

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of skakel ons by 013 656 2490.

HET JY GEWEET?

Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button