Local newsNews

Diewe steel spaarwiel helder oordag in parkeerarea

Eliska Joubert sê dat hulle vermoed dat dié heel moontlik ʼn sindikaat is wat in die stad opereer.

Inwoners wat inkopies gedoen het by ʼn winkelsentrum in Fransville het ʼn slegte verrassing gekry toe hulle terugkeer na hulle voertuig.

Charlet Joubert was saam haar dogter by die winkelsentrum op Donderdag, 25 Mei omstreeks 14:00, toe hulle besef dat hulle die bakkie se spaarwiel kwyt is.

“Ons het uitgestap en kon dadelik sien iets is nie reg nie. Toe ons onder die bakkie kyk, toe is die spaarwiel weg,” het Charlet se dogter, Eliska vertel.

Volgens Eliska het hulle die sentrum genader en gevra of hulle dalk die CCTV kameras kan kyk vir enige antwoorde.

SIEN DIE VIDEO HIER: 

“Op die beeldmateriaal kan jy sien dit is ʼn silwer Mercedes kombi. Twee mans het die wiel verwyder, terwyl ʼn derde man oog hou. Dan is daar nog ʼn vierde man agter die stuurwiel wat wag,” het Eliska verduidelik.

Eliska het gesê dat haar ma se Fortuner ook gesteel is verlede jaar voor ʼn besigheid in die stad en dat die skelms altwee ‘trackers’ uitgehaal het en dat dié niks nuuts is vir haar nie.

“Daar was ʼn groot slot aan die spaarwiel vas en dit het die skelms glad nie lank gevat om hom af te haal nie. Ons kon nie sien op die beeldmateriaal of hulle gereedskap gebruik het nie,” het Eliska vertel.

Die familie wil graag die publiek waarsku teen die vermeende diewe en hoop dat hulle sou gou as moontlik vasgetrek sal word.

Het jy meer inligting oor dié artikel?

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

HET JY GEWEET?

Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.

Back to top button