EntertainmentLifestyle

Kom kuier saam met Donnalee en Ivan op die buurdorp

Vier WITBANK NUUS lesers het ’n kans om DVD’s, CD’s en vier dubbelkaartjies na die geleentheid te wen.

Donnalee Roberts en Ivan Botha gaan by Hoërskool Middelburg kom kuier.

In samewerking met Epic Cinemas bring hulle die lokettreffer fliek, ‘Pad na jou hart’ op 1 Augustus na aanhangers en skep ‘n geleentheid om ‘n wonderlike winterswarmaand onder die sterre saam met familie en vriende te kom geniet. ‘n Buitengewone ervaring om die film op ‘n buitengewone groot skerm te sien!

‘Pad na jou hart’ is ’n Afrikaanse romantiese-avontuur-komedie oor ’n jong, aantreklike en selfvoldane sakeman wat vyf het dae om by sy pa se begrafnisdiens in Kaapstad uit te kom. Hy moet egter sekere take voltooi op hierdie reis voordat hy die suksesvolle familie maatskappy kan oorneem. Sy enigste kans om betyds daar aan te kom, is ’n saamrygeleentheid met die beeldskone, boheemse meisie, Amoré wat deur Donnalee gespeel word.

Kaartjies is R50 elk en kinders onder ses jaar gaan gratis in. Kaartjies kan direk by Hoërskool Middelburg gekoop word skakel 013 282 7393 en is ook beskikbaar by epic cinemas se webwerf. Hekke open om 16:30 en die film begin om 18:30.  Daar sal ook kaartjies by die hekke beskikbaar wees. Verversings sal te koop aangebied word.

Vier WITBANK NUUS lesers het ’n kans om DVD’s, CD’s en vier dubbelkaartjies na die geleentheid te wen.

Al wat julle moet doen is antwoord die baie maklike vraag:
Wat is die naam van die fliek wat op 1 Augustus by Hoërskool Middelburg te sien is?

Die eerste vier regte antwoorde sal die pryse wen. Die pryse moet die aand by Alishia van Deventer van Starburst Music by die skool afgehaal word.

*WITBANK NUUS is nie verantwoordelik vir die oorhandiging van die pryse nie.

7 Comments

Back to top button