HistoryOpinion

Die oorsprong van Witbank Part.1

Elke gehuggie of dorp het 'n oorsprong en die ontstaan van dorpe en stede is gegrond op bepaalde redes. Witbank, het net soos enige ander dorp, 'n rede gehad vir sy ontstaan en soos reeds tot dusver afgelei kan word, kan dit toegeskryf word aan die groot afsettings van steenkool wat in die omgewing ontdek was.

Soos in die meeste geskiedenisboeke aangeteken staan, is daar geen konkrete bewyse van die datum van oorspong van Witbank nie en moes daar in meeste van die gevalle gebruik gemaak word van sekondêre en dikwels ook tersiêre bronne.  Hoe dit ook al sy, Witbank het algaande ontstaan en gegroei, veral na die voltooiing van die Pretoria-Delgoabaai-spoorlyn in 1894.

Die ontdekking van steenkool in die Witbank-omgewing
Die aanvanklik ontdekking van steenkool in Kaapland in 1859 op Syfergat, Molteno en Indwe in die Stormberge, het die ontwikkeling van die plaaslike spoorweë ‘n geweldige hupstoot gegee.  Eers was daar van hout gebruik gemaak om die stoomketels van die stoomlokomotiewe te stook, en hieroor het ‘n Duitse wetenskaplike en reisige, dr. Gustav Fritsch, in 1886 die volgende laat skryf:

“Daar is waarskynlik nie nog ‘n land ter wêreld waar die ontdekking van steenkool so ‘n onvermengde seën sal wees as juis Suid-Afrika nie.  Die verskiklike kaal heuwels is selfs van hulle uiers karige stuikgewas gestroop om brandhout te bekom”
(Shorten 1970:  150).

Ook het hy, volgens Shorten (1970: 150), geskryf dat hy sterk betwyfel of lonende neerslae ooit in die land gevind sou word.  Selfs nadat daar steenkool in die distrik Kliprivier in Natal ontdek is, het hy steeds gesê dat hierdie neerslae “feitlik van geen praktiese waarde” is nie (Shorten 1970:  150).  Hoe ironies was sy opmerking nie, want die ontdekking van die rykste steenkoolvelde ter wêreld in die omgewing van Witbank het sy stellings verkeerd bewys.

Sover vasgestel kon word, was Thomas Baines die eerste person wat konkrete getuienis oor die omstandighede in die vroeë jare in die Witbank-omgewing te boek gestel het.  Hy het bekendheid verwerf as die ingenieur wat die Swartbergpas en die Baineskloofpas ontwerk en gebou het (Baines 1877).

Rhodesiana Reprint Series- The Gold regions of South Eastern Africa by Thomas Baines.
Rhodesiana Reprint Series- The Gold regions of South Eastern Africa by Thomas Baines.

Baines skryf in sy boek The Gold Regions of South Eastern Africa, da thy op 17 Februarie 1872 op pad was van Pretoria na Utrecht in Natal oor Mathinus Wesselstroom (wat later Wakkerstroom geword het.)  Hy het die roete oor die hoëveld geneem juis om die nuwe pad te toets en enkele afmetings en hoogtelesings te neem (Baines 1877: 112).  Thomas Baines het oor hierdie wedervaringe soos volg geskryf:

“On the 17th, we breakfasted at Witte Klip, so called from a great quartz rock that looms like a wagon tilt in the distance, and at noon halted by a reedy pool, having made eight miles and six furlongs, 134 yards, and still keeping by the same level, i.e., 4’842 feet” (Baines 1877: 113).

‘n Mens kan ook nie anders as om die gedeelte oor die “Witklippe” te glo nie, want fot’s van daardie tyd bevestig die bestaan van die groot wit sandsteen-klippe. In sy aantekenine skryf hy egter verder:

“In the afternoon we reached Daniel Kruyger’s – on the bank of the Stein Kool Spruit, a tributary (like most streams we had passes) of the Olifants River.  The family was using coal as its only fuel, these bleak heights being so absolutely destitute of wood that we had been obliged to keep our “bantus” on the watch to pick up any cakes of partially dry cattle durng they might find along the road, to cook our meal, and keep them warm at night.  I went half a mile up the spruit, and saw where the coal cropped out of the kranz on the one side and from a sloping bank on the other.  They told me that it extends far along the stream, and block three feet square were got out at ‘Broek-band’, i.e. waist deep.

“It looked tolerably well – black, with a moderate gloss, and clean fracture, and reminded of the dried kinds of own ‘Wallsend’:  one could hardly expect bituminous quality so near the surface.  The supply is supposed to be unlimited:  and indeed when I consider that I have seen coal at several points from Natal to Zambesi, a distance of 1’500 miles, I am almost inclined to subscribe to this opinion.” (Rosenthal in MacMillan 1934: 283).

Nou moet daar egter onmiddellik toegevoeg word dat die “Steenkoolspruit” wat Baines beskryf het, sowar 40km suid van Witbank op die huidige terrain van Tavistock Mining Company, naby Vandyksdrif-myn geleë is.  Die Steenkoolspruit waarna Baines verwys het, het sedertien groot verandering ondergaan.  Die vloei van die spruit is deur Tavistock Mining Company verlê om daardie gedeelte van die spruitbodem bloot te lê, waar ongelooflike groot hoeveelhede steenkool vandag uitgehaal word.

Back to top button