Local newsNews

Lillibet sluit 2022 af op ’n hoë en suksesvolle noot

Lillibet Steyn, ’n plaaslike musikant en musiek juffrou, het vanjaar al die regte en suksesvolle klavier klawers geslaan toe sy wegstap met twee toekennings by Talent Africa.

Lillibet Steyn, plaaslike musiek juffrou en lid van die musiekgroep ‘Sout & Saffraan’ het geen noot gemis vanjaar toe sy weggestap het met twee toekennings by Talent Africa nie.

Dié musiek juffrou is nie onbekend in eMalahleni nie ‒ het al voorheen die gemeenskap genooi om ’n optrede te sien van die plaaslike musiekgroep waarvan sy deel is, ‘Sout & Saffraan.’ Sy is ’n ma van twee besige kinders en reeds tien jaar woonagtig in eMalahleni. Sy’t haar liefde vir die Kaapse wingerde verruil vir die steenkoolvelde van Mpumalanga.

Haar musiekreis het reeds begin op die ouderdom van vier toe sy klavierlesse begin neem het, en het op ’n jong ouderdom reeds begin om haar eie musiek te komponeer.

‘Sout & Saffraan’ maak die lewe meer helder in note by hulle Kelderklanke konsert in Augustus 2022: Lillibet Steyn en Peter Venter.

Sy het haar BMus en nagraadse onderwyssertifikaat by Stellenbosch Universiteit behaal.

Sy was voltyds ’n onderwyser tot die geboorte van haar en haar man se eersteling, waarna sy uitsluitlik begin fokus het op privaat musiekonderrig en ook verder begin het om deeltyds te studeer.

Duidelik is dié musiek juffrou nie net een vir die musiekboeke nie, want sy het tot die jaar haar honneurs in sielkunde verwerf deur die Universitiet van Suid-Afrika (Unisa).  

Leila McDougall, ’n musiekleerder onder Lillibet se musikale vlerk.

Soos haar boeke, is die instrumente wat sy speel ook nie vasge-‘noot’ in een gunsteling nie. Haar hoofinstrument is klavier, maar sy bied ook klasse in klassieke kitaar, sang, teorie, blokfluit en groepklasse (perkussie en ukulele) aan.

Soos die musieknote uit haar instrumente vloei, hou haar ritme nie op nie en het sy vanjaar ook begin met ’n omvatryke opleidingsprogram vir kleuters, naamlik ‘Movers and Shakers’.

Dié program ontwikkel ’n groot liefde vir musiek by die jongspan en kweek ’n sterk teoretiese basis.

“Die voordele van musikale onderrig strek baie verder as net musiek maak, dit help met konsentrasie-vaardighede, breinstimulering, motoriese ontwikkeling, emosionele regulering en soveel meer.”  

Bogenoemde is maar net een deel van Lillibet se sukses simfonie, want sy en ’n paar van haar leerlinge het ingeskryf vir Talent Africa, die landswye talentkompetisie.

Lillibet Steyn saam met haar musiekleerders.

Indien daar enige twyfel was in die kwaliteit van haar talente, kan mens net na die diamant van ’n toekenning kyk wat sy behaal het.

Sy het vir haar improvisasiespel die hoogste moontlike toekenning ontvang (Diamond) en was die algehele wenner landswyd vir Senior Instrumentaliste.

In haar ouderdomsgroep het sy ʼn algehele tweede plek behaal oor die hele spektrum van afdelings (dans, musiek en drama). 

Haar een leerling, Leila McDougall, het die Top 10 gehaal, die Junior toekenning vir Beste Tegniek ontvang en ook die plaaslike Artium Kunstefees se HS Instrumentale afdeling vir hoërskoolleerlinge gewen.   

Wanneer sy nie lesse gee nie, geniet Lillibet dit om die verhoog te betree saam met Peter Venter as die plaaslike musiekgroep Sout & Saffraan.

Dié fantastiese groep het reeds suksesvolle konserte agter die rug, en sien uit na nog optredes in eMalahleni in 2023. Dié groep is tans besig met hul Valentynsprogram vir Februarie, en kan gerus gevolg word op hulle Facebook blad (SOUT & SAFFRAAN) maak, is ’n absolute voorreg en vreugde.

My innerlike motivering en liefde vir musiek oortref enige begeertes vir eksterne prestasie en erkenning. Ek het bloot ingeskryf vir Talent Africa omdat Marié Lombard van Witbank Arts Campus my aangemoedig het.

Ek glo wel dit is belangrik om jou Godgegewe gawes te ontwikkel, te gebruik en uiteindelik te deel met ander.

Dit verg baie dissipline en harde werk, en dit is onmoontlik om musikaal te groei en jou volle potensiaal te bereik as jy nie bereid is om ure agter jou instrument deur te bring nie,” het sy ten slotte gesê.

Alhoewel die jaar tot ’n einde kom, gaan Lillibet se musikale gordyne nie toe nie.

Die gemeenskap word met hoë note aangemoedig om ons plaaslike klavierster te ondersteun.

Deel jou nuuswenke met ons via: Telefoon: 013 656 2490 Epos: wtbnews@mweb.co.za Of volg ons op WITBANK NUUS se sosiale platforms: InstagramTwitterWitbank News toepFacebook pageWitbank News Breaking

 

Back to top button