News

Geloftedag-herdenking stal die oud en mooi uit

By die Geloftefees was daar gereedskap te sien wat uit toeka se dae dateer.

Om die Gelofte te herdenk is ’n fees op 16 Desember aangebied.

Die dag is voorafgegaan deur ’n uitstalling op ’n oop stuk veld langs Mandelastraat.

Ou vuurstoker.

Verskeie gereedskap uit toeka se dae was deel van die uitstalling en selfs ou ossewaens, perdekarre en ou kanonne kon gesien en waardeer word.

Oom Stefanus Koetser  (90) het gretig vertel, “Ek het al van die kanonne geskiet, nie nou meer nie al werk van hulle nog skiet hulle nie juis reguit nie,” het hy gesê.

Die fees is afgesluit met ’n Geloftedag-diens.

Ou gereedskap.
Klein kanon.
Peet en Ina Steyn met kleinseun Juan-Pierre Steyn.
Danella Gerber en Amy Putter.

Deel jou nuuswenke met ons via: Telefoon: 013 656 2490 Epos: wtbnews@mweb.co.za 

Of volg ons op WITBANK NUUS se sosiale platforms: InstagramTwitterWitbank News toepFacebook pageWitbank News Breaking

Back to top button