Local news

Aksiebelaaide rugby by streekswedstryde in Witrivier

Streeksspanne rugbyspanne skop af in Witrivier.

Skole in die Gert Sebande– en Nkangala distrikte het van hul beste rugbyspelers gekies  om aan die streekswedstryde die afgelope naweek deel te neem.

Die Falcons en die Eagles se o.11 en o.12-spanne het kragte gemeet op Laerskool Witrivier se velde.

Die reën kon nie die gees of die braaivleisvure blus nie en die spelers op die veld het gesorg vir vuurwarm laerskole rugby op sy beste.

Joshua du Toit (Kragbron).

Die o.12  Nkangala Falcons het in hul eerste wedstryd gelykop gespeel teen die Gert Sibande Kwaggas met 10-10.

Ehlanzeni Rhinos het horings aangesit toe hulle Nkangala Falcons met 27 – 7 die loef afgesteek het.

Die Eagles o.12-span was bobaas toe hulle in hul wedstryde met 19-5 en 26–24 gewen het.

Die Falcons o.12’s het ongelukkig hul tweede wedstryd teen Ehlanzeni Rhinos verloor met 5-24. Die Rhinos het wel in hul tweede spel teen die o.12 Falcons twee beserings opgedoen.

Die Eagles se o.11 span het beide hul wedstryde verloor met 30-0 en 32-10.

Die volgende wedstryde vind 22 Oktober by Hoërskool Ligbron in Ermelo plaas en dan weer 29 Oktober by HTS Middelburg. Wedstryde begin om 08:00.

Deel jou nuusbrokkies met ons per Telefoon: 013 656 2490 Epos: info@witbanknews.co.za of volg ons op sosiale media platforms Instagram Twitter Witbank News App Facebook page Witbank News Breaking

Back to top button