News

Die vis moet in hul pasoppens wees, Janru gaan nou groot vang

Vis staan nie ’n kans as hengelaars van Laerskool Krielpark agter die visstokke inskuif nie.

Laerskool Krielpark se katrolle het omtrent gesing langs die oewer van Ons Pan.

Dié hengelkompetisie het Saterdag, 15 Oktober plaasgevind en die skool se hengelaars het aan die eerste liga van die nuwe hengelseisoen deelgeneem en het uitstekend gevaar.

Laurenso Nel is opgewonde oor sy vangs.

Hulle het ’n totaal van 294 vis geweeg. Hulle het weggestap met ’n eerste en ’n derde plek.

Janru Nel het 88 vis gevang. Hy is ook opgeneem in die SA Skolespan.

Stephan Liebenberg spog met sy vangs.

Jandro Venter het 60 vis gevang, Janesca Venter het 49 vis gevang, Morne Snyman het 29 vis gevang, Stephan Liebenberg het 29 vis gevang, Marizette van der Westhuizen het 15 vis gevang, Marione Nel het 10 vis gevang, Laurenso Nel het 10 vis gevang, Nico Potgieter het nege vis gevang en Ayden Prinsloo het vyf vis gevang.

Jandro Venter.

Marizette het ook vanaf 2 tot 5 Oktober aan die Suid-Afrikaanse Varswater Oewerhengel Federasie-skoletoer deelgeneem wat by Bloemhofdam plaasgevind het.

Janesca Venter.

Marizette was deel van die SA Skolespan – Laerskole B-span. Hulle het vierde geëindig.

Marizette van der Westhuizen.

Die hengelaars het ook tydens die kort Oktober-vakansie aan die SA Skole Kampioen van Kampioene deelgeneem wat by Bloemhofdam gehou was. Die kwik het die hoogte ingeskiet, tog het die span uitgehou en aangehou.

Morne Snyman.

Hierdie was die skool se derde jaar wat hulle genooi was om aan die kompetisie deel te neem. Slegs twee van die beste skole in elke provinsie word genooi om aan die kompetisie deel te neem.

Marione Nel.
Nico Potgieter.
Ayden en Mieka Prinsloo.

Deel jou nuusbrokkies met ons per Telefoon: 013 656 2490 Epos: info@witbanknews.co.za of volg ons op sosiale media platforms Instagram Twitter Witbank News App Facebook page Witbank News Breaking

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button