Local newsNews

Hokkiebokkies maak korte mette van hul teenstanders

Laerskool Tasbetpark se o.13 span was onlangs aangewys wenners van die Nkangala B-liga.

Hokkiestokke het geklap en hokkiespelers het omtrent gesweet onder die genadelose lente son tydens onlangse liga hokkiewedstryde.

Die hokkiewedstryde het Donderdag, 15 September by Laerskool Kragbron plaasgevind.

Laerskool Kragbron en Laerskool Tasbetpark se hokkiespelers se spangees was die wenners van die dag gewees.

Kragbron se o.10- en o.12 spanne het hul wedstryde gewen en die o.11 spanne het gelykop gespeel.

Die hoogtepunt was Laerskool Tasbetpark se o.13 span wat hul wedstryd gewen het. Hulle is ook aangewys as die wenners van die Nkangala B-liga.

“Ek is ongelooflik baie trots op die o.13 span. Hierdie spelers het uit en uit gewys wat deursettingsvermoë is,” het hul afrigter, me. Christine van der Schyff gesê.

SIEN DIE AKSIEFOTO’S HIER

Deel jou nuusbrokkies met ons Telefoon: 013 656 2490 Epos: info@witbanknews.co.za Of volg ons op sosiale media platforms Instagram Twitter Witbank News App Facebook page Witbank News Breaking

Back to top button