Local newsNews

Mamma bak vetkoek om rugbyster Somerweek toe te stuur

Jeanne Stimie se mammahart klop vir haar seun se droom.

’n Mamma sal ’n myl ekstra loop om haar kind gelukkig te sien.

En dit is presies wat me. Jeanne Stimie doen.

Die heerlike vetkoeke kan net of sonder vulsel bestel word.

Sy bak vetkoek om fondse in te samel om haar seun, Jade, saam te stuur op die 7’s Rugby Somerweek wat vanaf 4 tot 7 Oktober in Pretoria plaasvind.

“Jade is ’n uitmuntende haker, maar kan in enige posisie speel,” het Jeanne vertel.

Jade speel o.14 vir sy skool Middelburg Hoër Tegniese Skool.

“Ondersteun asseblief my fondsinsameling. Ons moet R5 600 insamel,” het Jeanne gevra.

Jeanne bak Vrydag 16 September en die vetkoeke kos R25 vir vetkoek met maalvleis of R5 vir vetkoek sonder vulsel.

Vir bestellings kan Jeanne gekontak word op 082 322 3440.

Bestellings moet voor Donderdag 15 September 17:00 in wees.

Deel jou nuusbrokkies met ons Telefoon: 013 656 2490 Epos: info@witbanknews.co.za

Of volg ons op sosiale media platforms Instagram Twitter Witbank News App Facebook page Witbank News Breaking

 

Back to top button