Local newsNews

Bestuurder wat na bewering ongeluk veroorsaak in taxi gelaai en weggeneem

Toe mnr. Dave Janse van Rensburg terugkyk, toe laai ‘n taxi die man, wat na bewering die ongeluk gemaak het, in en ry weg.

‘n Ongeluk gisteraand het die gemeenskap aan die gons omdat die man wat, na bewering vir die ongeluk verantwoordelik was, deur ‘n taxi van die toneel af weggevat is.

Mnr. Dave Janse van Rensburg het vertel hy kon sy oë nie glo toe die man in die taxi gelaai word en dit van die toneel af wegry nie.

“Ek wou nog met die man praat, tussen sy gemompel het ek net die woorde ‘my friend, my friend’ gehoor,” het Janse van Rensburg gesê.

Na bewering het die man stilstaande karre aan die regterkant verbygevat en toe met Janse van Rensburg gebots wat besig was om regs te draai in Steenkampstraat.

Die man wou glo nie dat die nooddienste hom verder behandel op die toneel nie en het klaarblyklik homself ook glo teen die passasiers verset wat hom in die taxi gelaai het.

Die man se Volkswagen Polo is net so op die ongelukstoneel agtergelaat.

Deel jou nuusbrokkies met ons

Telefoon: 013 656 2490 WhatsApp: 060 866 8682 Epos: info@witbanknews.co.za

Of volg ons op sosiale media platforms

Instagram Twitter Witbank News App Facebook page Witbank News Breaking

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button