Local newsNews

Nou is jou kans om lekker-lees Afrikaanse boeke te wen

Jy kan onder andere Maretha Maartens se boek ‘Toe ons in Ghrieshuis was’ wen.

Wintermaande is gemaak vir lekker lees en warm koffie, terwyl die sonnetjie sag op die blaaie bak.

WITBANK NUUS het ’n paar boeke van Lapa Uitgewers onder oë gehad en wil dit graag met ons lesers deel.

Vita du Preez se boek, Liefdesles is die derde en laaste boek in Vita se trilogie. ‘Klaskamer’ en ‘Skoolgeld’ was die eerste twee.

In dié boek is Daniël en Emma se verhouding steeds ingewikkeld: Daniël probeer sy vervreemde vrou, Sally, oorreed om die egskeiding toe te staan en Emma sukkel om vir Daniël te vertel dat sy swanger is.

Vir Daniël en Emma kom die liefde uiteindelik met baie lesse.

Twee Romanza’s was ook op die ‘spyskaart’.

Sprokie vir ’n plaaskind’ en ‘Net vir ’n seisoen of twee’ is twee boeke wat gemaklik in jou handsak sal pas en dié kan jy enige tyd uithaal en wegraak in die twee liefdesverhale deur René van Zyl en Dina Botha geskryf.

Maretha Maartens se ‘Toe ons in Ghrieshuis was’ is ’n verhaal van hoop, geloof en verlies.

Gaan Kayla se lewe ooit weer oukei wees na die ramp?

Die ramp waarin hulle geliefde huis, Miernes, heeltemal afgebrand het en nou moet haar hele groot gesin in haar pa se ou werkswinkel, Ghrieshuis, gaan bly.

Die ramp waarin haar pa, motorwerktuigkundige en kranige fotograaf, sy sig verloor het en nou nie meer kan werk nie. Die ramp wat alles verander het.

Maretha is die skrywer van ongeveer 160 boeke, en het verskeie literêre toekennings ontvang, onder andere die Andrew Murray-prys, die Katolieke Kinderboek-prys in Oostenryk en die Sanlamprys vir Jeuglektuur.

Jy moet so maak om ’n kans te staan om ’n geskenkpak met boeke te wen:

Gaan na WITBANK NUUS se Facebook-blad onder dié plasing los jou naam en ‘Lapa boeke kompetisie’.

Wenners sal lukraak gekies word en op Facebook bekend gemaak word.

Deel jou nuusbrokkies met ons

Telefoon: 013 656 2490 WhatsApp: 060 866 8682 Epos: info@witbanknews.co.za

Of volg ons op sosiale media platforms

Instagram Twitter Witbank News App Facebook page Witbank News Breaking

Back to top button