CrimeLocal newsNewsBreaking News

Plaasaanval op ou Middelburgpad – drie in hospitaal opgeneem

Bloed aan die kant van die huis vertel die stille storie van die plaasaanval.

Drie mens is ’n kort rukkie terug tydens ’n plaasaanval beseer.

’n Vrou en twee mans is na plaaslike hospitale vervoer met erge beserings.

Dié plaasaanval het sowat 20km buite eMalahleni in die Elandspruit-omgewing gebeur.

’n Onbekende aantal rowers het van die toneel af gevlug.

Volgens een van die bure, mnr. Albert Harold, het die rowers glo gesê hulle wil hoenders koop, waarna hulle die slagoffers, met onder andere ’n graaf, bygedam het.

“Ons is baie paraat in die omgewing, hierdie aanval is baie onverwags,” het Harold gesê.

Deel jou nuusbrokkies met ons

Telefoon: 013 656 2490 WhatsApp: 060 866 8682 Epos: info@witbanknews.co.za

Of volg ons op sosiale media platforms

Instagram Twitter Witbank News App Facebook page Witbank News Breaking

Back to top button