CrimeLocal newsNews

Besigheidsrooftogte in eMalahleni neem daagliks toe

In die bestek van vier dae het drie besighede in eMalahleni slagoffers van roof geword.

In die bestek van vier dae het drie besighede in eMalahleni slagoffers van roof geword.

Die eerste rooftog het op 17 Junie by ’n klerewinkel in Klipfontein gebeur  toe vier mans die winkel binnegekom, ’n geweer  op ’n vrou agter ’n kasregister en ’n bedrag geld en selfone uit die kluis gevat het.

READ MORE:

https://www.citizen.co.za/witbank-news/185951/appalling-upsurge-in-business-robberies/

Daarna is nog ’n klerewinkel op 19 Junie, dié keer in die Sentrale Besigheidsgebied (SBG) beroof.

’n Man  het na bewering by die kassiere kant van die toonbank ingeloop en ’n werknemer het vir hom gesê dat hy nie toegelaat word aan die kassiere kant nie, waarop die man teruggeantwoord het dat hy daar is om te werk.

Hy het aggressief begin word en aangedring dat die vrou vir hom die sleutels gee van die kluis waarin die selfone gebêre word.

Hy het die ander personeel beveel om eenkant te staan, die kluis oop te maak en die selfone daarbinne geneem.

Daar word beweer dat vier ander mans ’n bedrag geld uit die kasregisters geneem het en dat die rowers van die toneel gevlug het.

READ MORE:

https://www.citizen.co.za/witbank-news/195091/robbers-get-down-to-business-in-hlalanikahle/

In nog ’n rooftog op 20 Junie is Alpha Warrior Vapes op die hoek van Steenkampstraat en OR Tamboweg beroof.

Die, Adriaan Grobler, was op die toneel en vertel: “Daar was tussen drie of vier rowers wat ons in die winkel verras het.

Hulle het ons geroof van alle waardevolle besittings voor hulle gevlug het in ’n silwer Toyota Corolla.”

WITBANK NUUS het hom gevra of hy enige advies het vir slagoffers in ’n soortgelyke situasie.

Hy sê dat jy moet net saamwerk en doen wat hulle sê.

Kaptein Eddie Hall,  polisiewoordvoerder van Witbank Polisiestasie waarsku alle besighede in eMalahleni teen rooftogte en sê dat misdaad patroon analise wys dat daar ’n groot toename is in die aantal rooftogte van besighede.

READ MORE:

https://www.citizen.co.za/witbank-news/191512/businesses-robbed-for-the-second-time-criminals-rob-intending-to-obtain-cash-says-witbank-saps-station-commander/

Hy sê verder dat eienaars van besighede aangeraai word om ten alle tye waaksaam te wees en die volgende pro-aktiewe maatreëls moet implementeer om gewapende rooftogte te verhoed:

Moet nie te veel geld op die perseel hou nie.

Wees op die uitkyk vir agterdogtige kliënte.

Moet nie die winkel tot laat oophou nie.

Vermy om alleen te wees, veral in die nag.

Eienaars moet nie oopmaak vir enigiemand na werksure nie.

Maak seker dat ten minste twee werknemers die besigheid open en toe maak.

Vermy vrystelling van persoonlike informasie aan vreemdelinge.

Maak seker dat beursies en persoonlike waardevolle besittings toegesluit word.

“Witbank SAPD sal ’n vergadering hou met alle sake-eienaars van eMalahleni om die voorkoming van rooftogte van besighede te bespreek,” het Kapt. Hall ten slotte gesê.

 

Deel jou nuusbrokkies met ons

Telefoon: 013 656 2490 WhatsApp: 060 866 8682 Epos: info@witbanknews.co.za

Of volg ons op sosiale media platforms

Instagram Twitter Witbank News App Facebook page Witbank News Breaking

Back to top button