Local newsNewsUpdate

Net een man werk met liggame

WITBANK NUUS het ’n skokkende ontdekking gemaak na ’n besoek aan Doves Begrafnisdienste vroeër die week.

Daar is net een persoon wat die liggame hanteer wat by die begrafnisondernemer lê.

Mnr. Vuyo Mabethe werk al vanaf  Maart verlede jaar by die begrafnisondernemer. Hy het vertel dat hy die meeste van die tyd maar op sy eie aansukkel.
“Hulle het belowe om iemand aan te stel om my te help, maar dit het nog nie gebeur nie.”

Mabethe, wat nie groot gebou is nie, het gesê hy sien nie kans om die liggame van oorledenes op te tel en hulle op die trollies te sit nie.
“As ek moet sal ek die liggame, sommer net buite die yskas waarin hulle geberg word, uitstoot en afvee,” het hy gesê.

Hy het genoem dat hy toerusting het om die liggame mee te was, maar dat daar geen afvoerpyp is wat die vuil water na ’n drein toe laat afloop nie.

Die trollie wat hy moet gebruik om die liggame mee te was staan eenkant in ’n hoek gedruk.

Behalwe vir handskoene dra Mabethe geen voorskoot of gesigsmasker om hom teen enige kieme te beskerm nie.
“Dis nie nodig nie, ’n dokter gee my af en toe ’n inspuiting teen Hepatitis B,” het hy glimlaggend voortgegaan.

Mabethe het erken dat hy Vrydag gesukkel het om mnr. Johan Roets in ’n kis te plaas. Hy was maar te dankbaar dat Roets se vriende opgedaag het om hom te help.

Behalwe vir Roets se liggaam wat nog steeds in die kis was, het ’n man eenkant op ’n lykstrollie gelê. Sy grys trui was opgetrek en die plastiek waarmee hy bedek is, het hom nie eers behoorlik toegemaak nie. Dit is asof hy net daar ingestoot is, vergete tot iemand kom navraag doen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Back to top button