Local newsMunicipalNews

Inwoners en muur versadig weens waterlek

Die soort probleem kan enige inwoner teen die mure uitdryf, juis oor al die watertekorte in die dorp.

In sommige buurte is daar vir weke aaneen watertekort en in ander buurte hou die water nie op lek nie, soos in die geval van ’n inwoner in Modelpark.

Op 30 Mei het die inwoner aan WITBANK NUUS se deur kom klop om dalk dié probleem vir eens en altyd te kan oplos.

“Hierdie waterlek het al deur my mure getrek en dit dam nou al in my erf op. Ons sit al vir amper ’n jaar lank met die probleem en die munisipaliteit gee net nie om nie,” het die inwoner vertel.

Sy het verder gesê dat sy al haar eie inisiatief gebruik het en haar vistenk se pomp gebruik het om die dam water uit te pomp.

“Al wanneer die lek ophou, is wanneer die water af is. Ons rapporteer op ’n daaglikse basis aan al die kanale moontlik, maar geen sukses nie,” het sy verder vertel.

Die soort probleem kan enige inwoner teen die mure uitdryf, juis oor al die watertekorte in die dorp.

WITBANK NUUS het ook die probleem gerapporteer en terugvoering aangevra van die woordvoerder van die munisipaliteit, mnr. Lebo Mofokeng, maar het ongelukkig geen kommentaar ontvang nie.


Share your news tips via:

Telephone: 013 656 2490 WhatsApp: 060 866 8682 Email: info@witbanknews.co.za

Or follow us on WITBANK NEWS platforms:

Instagram Twitter Witbank News App Facebook page Witbank News Breaking

Check Also
Close
Back to top button