Patties koor deur na Sing in Harmonie-kompetisie finaal
Hoërskool Patriot se engelstemme het die beoordelaars bekoor.
Hoërskool Patriot het ses ander kore hul note laat sluk en deurgedring na die Sing in Harmonie-kompetisie finaal.
Dié kompetisie het Vrydag, 13 Mei by Laerskool Middelburg plaasgevind.
Patties se koor is die enigste hoërskoolkoor wat deur is na die nasionale finaal.
Hulle het ’n staande ovasie ontvang van die gehoor en Lizl Gaffley, een van die beoordelaars het in haar terugvoer gesê dat die spesifieke melodie wat die koor gesing het, volgens haar die beste is uit die 60 skole wat deelgeneem het.
Die kompetisie is baie strenger beoordeel hierdie jaar as gevolg van minder lugtyd beskikbaar vir wanneer hulle op die televisie gaan verskyn, daarom is dit net die beste kore wat sal deurdring tot die nasionale finaal.
LEES MEER
https://www.citizen.co.za/witbank-news/135155/patties-se-tonge-los/?platform=hootsuite