Local newsNews

Afriforum se Witbank-tak help om leerders te beveilig

Veiligheid van skool kinders word ernstig opgeneem

Die AfriForum Witbank-tak het die tweede fase begin as deel van ’n projek om die gebied rondom skole te beveilig.

Op 25 Maart is die projek geloods deur verdere verbeteringe aan te bring.

Gedurende die tweede fase van die projek is ontbrekende padtekens rondom Laerskool Taalfees vervang.

Hierdie tekens ontbreek al vir ’n geruime tyd en het kinders se lewens in gevaar gestel wat bedags van die oorgange gebruik moes maak.

Met die eerste fase vroeër vandeesmaand is die spoedhobbels en stoptekens op die pad rondom Laerskool Taalfees en Robert Carruthers School oorgeverf sodat dit weer duideik sigbaar is.

“Die veiligheid van ons kinders word  baie ernstig opgeneem, daarom vervang ons die padtekens wat ontbreek rondom skole,” sê Alf Friess, voorsitter van AfriForum se Witbank-tak.

Sluit vandag aan by AfriForum se Witbank-tak: SMS “Witbank” na 45340 (R1).

Deel jou nuuswenke met ons via: Telefoon: 013 656 2490 WhatsApp: 060 866 8682 Epos: info@witbanknews.co.za

Of volg ons op WITBANK NUUS se sosiale platforms: Instagram, Twitter Witbank News App Facebook page Witbank News Breaking  

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button