Local newsNews

Rowers was rustig en het nie veel gepraat nie

“Die rowers was baie rustig.”

  SIEN DIE VIDEO HIER Die motor waarin die rowers gery het is duidelik op kameras buite die firma afgeneem.

  “Jou skootrekenaar en selfoon beteken niks as jy in die loop van ’n geweer vaskyk nie.”

Só het die 22-jarige mnr. Harry Chatterson, ’n klerk by Venter De Jager Geoktrooieerde Rekenmeesters steeds geskok gesê na ’n gewapende roof by die rekenmeestersfirma.

Twee mans het op 30 Maart by die firma aangekom en ’n belasting-navraag gedoen.

Hulle is deur die ontvangsdame, me. Maria Kriel na die firma se raadsaal geneem, waar hulle gewag het vir een van die klerke om hulle te help.

Oomblikke daarna het nog twee die kantoor binnegekom nadat hulle ook aangedui het dat hulle ’n navraag het.

Die oomblik toe die mans die kantoor ingaan het hulle vuurwapens te voorskyn gebring.

Die ander twee het vanuit die raadsaal gekom en ook vuurwapens op die personeel gerig.

“Ons was in ons kantore besig toe ek die man opmerk wat ons kantoor inkom. Ek het nogal gewonder wat hy hier maak. Toe hy sy vuurwapen uit sy broek te voorskyn bring, het alles skielik net stil geraak,” het Chatterson vertel.

Chatterson het genoem dat die rower vir hulle geglimlag het en in ’n rustige stemtoon gesê het, ‘This is an armed robbery”.

Die personeel is almal bymekaargemaak en in mnr. Janneman Booysen, een van die firma se vennote, se kantoor toegesluit.

Die rowers het op hul tyd deur al die kantore gegaan en skootrekenaars, selfone, kontant en juwele  bymekaargemaak.

Niemand is in die voorval beseer nie.

Lees die volle berig in volgende week se uitgawe van WITBANK NUUS.

LEES MEER

Rekenmeesters geskok na gewapende roof gister

Deel jou nuusbrokkies met ons – Telefoon: 013 656 2490, WhatsApp: 060 866 8682 of Epos: info@witbanknews.co.za

Volg ons ook op dié sosiale media platforms:  InstagramTwitter Witbank News App Facebook page Witbank News Breaking  

Back to top button