CrimeLocal newsNews

Fourie-mesdood – saak weereens uitgestel

Johan Fourie se moordsaak sal in Junie aangehoor word.

Die drie mans wat beskuldig word van die moord op Johan Fourie in 2019 sal eers weer in Junie in Kriel Landdroshof verskyn.

Die mans het op Woensdag 2 Maart verskyn, maar omdat die een se regsverteenwoordiger nie opgedaag het nie, moes die saak noodgedwonge uitgestel word.

Die drie se hofverskynings het in 2019 begin nadat Fourie op 1 Mei 2019 in die parkeerarea van ’n plaaslike gerieflikheidswinkel doodgesteek is.

Fourie het daardie aand 23:30 by die winkel gestop om iets te koop.

Videomateriaal wys ’n onderonsie tussen Fourie en nog ’n bestuurder wat voor hom gestop het.

Die videomateriaal wys ook hoe Fourie en die ander bestuurder handskud voordat ’n wit Volkswagen Polo op die toneel stop en dinge ’n drastiese wending neem.

Mnr. David Mokoena wat saam met Fourie gewerk het, het gesien hoe die mans in die Polo stop, uitklim en met Fourie begin baklei.

Hy het probeer om sy vriend te beskerm deur oor hom te buk. Mokoena is sewe keer raak gesteek tydens die voorval.

Fourie is tydens die bakleiery noodlottig gewond.

Me. Santie Radley, Fourie se ma het hangskouer uit die hof uitgestap.

“Daai drie se harte was vol haat daai nag en hul hele wese het net na moordlus geroep. Ek het onophoudelik gehuil toe ek die hof uitstap. Geregtigheid moet geskied,” het Radley gesê.

LEES MEER

https://www.citizen.co.za/witbank-news/128207/man-doodgesteek-na-onderonsie/

Deel jou nuusbrokkies met ons:  Telefoon: 013 656 2490 WhatsApp: 060 866 8682 Epos: info@witbanknews.co.za

Of volg ons op sosiale media platforms:  InstagramTwitter Witbank News App Facebook page Witbank News Breaking

Back to top button