MunicipalNews

Riool terug in drinkwater

’n Bruin laag skuim bedek die water en die stank van riool deurdring en besoedel die lug.

“Dis definitief nie skoon water dié nie!” meen ’n lid van die gemeenskap wat die skerp verrotte reuk aangedurf het om naby die water langs te beweeg.

’n Lid van die gemeenskap,  mnr. Gerrit van der Walt, het onlangs ’n “stroom vuil water” gerapporteer wat vanaf die Riverview riool behandelingsaanleg tot in die Olifantsrivier vloei.

Sondag 29 Junie het Van der Walt reeds die vuil water opgemerk wat in ’n sterk stroom gevloei het tot in die rivier.

Vroeër die jaar het AfriForum hul nasionale Blou- en Groendruppel veldtog bekend gestel rakende die kwaliteit van drinkbare- en behandelde water. Meer as ’n 100 munisipale distrikte was onder die mikroskoop geplaas en monsters van die verskeie distrikte se water is getoets by ’nonafhanklike geakkrediteerde laboratorium in Pretoria.

eMalahleni se watermonsters was juis geneem vanaf die Riverview riool behandelingsaanleg, asook verskeie ander areas in eMalahleni.
Die toetse is in Februarie vanjaar gedoen en die resultate bekendgestel in Maart. Soveel as 11 munisipale streke se drinkwater is gevind om onveilig te wees vir binneverbruik – en eMalahleni was een van die streke.

AfriForum het slegs die kwaliteit van kraanwater en behandelde riool-water (wat terug gevoer word na riviere) getoets. Die resultate van eMalahleni se water het ’n hoë telling van totale organiese koolstof gewys. Die resultate het ook bevestig dat die behandelde water nie die nasionale standaard van waterversuiwering nakom nie en ook daarom nie teruggevoer kan word na riviere toe nie.

Die doel van die AfriForum toetse was om die gemeenskap in kennis te stel en bewus te maak van gesondheidsrisiko’s. AfriForum het ook bevestig dat indien daar niks gedoen word omtrent die saak nie hul regstappe sal neem teen die munisipaliteite, want “almal het ’n grondwetlike reg op skoon water”.

Munisipaliteit het gereageer en gesê dat ondersoek ingestel sal word voor hul dan spoedig ’n oplossing sal vind vir die probleem.

Video van die riool waterval wat in die Olifantsrivier in stroom

*Sien die video hier.

Check Also
Close
Back to top button