CrimeNewsUpdate

Lewenslank vir taxi-bestuurder moordenaar

“Ek is jammer. Dit was regtig ’n ongeluk. Asseblief sê vir almal ek is jammer.”

Die skaars hoorbare woorde het hol tussen die vier mure van die rondgaande hooggeregshof in Middelburg geklink. Dit is ook die enigste woorde wat die 21-jarige Charles Edward de Beer gesê het kort nadat hy Vrydag 27 Junie gehoor het hy word lewenslank gevonnis vir die moord op ’n taxi-bestuurder twee jaar gelede.

“Die saak het begin toe die Mabuza-familie ’n saak van ’n vermiste persoon by ons oopgemaak het,” het a.o. Malepe die drade opgetel.

Hy het gesê die familie was bekommerd omdat hulle niks van die 22-jarige Mpumelelo Peter Mabuza gehoor het nie en dit nie in sy aard was om net sommer sonder ’n woord weg te bly nie.

Lees meer oor die hofsaak in WITBANK NUUS Vrydag, 4 Julie.

Back to top button