Local newsNews

Slagting in natuurreservaat bring trane in eienaar se oë

Wildsbokke is wreed deur honde van ’n nabygeleë  nedersetting afgemaai.

’n Natuurreservaat wat bedoel was vir inwoners van eMalahleni om die natuurskoon in te geniet, het dié week ’n slagveld geword.

Vikela Game Breeders is die afgelope week ’n harde slag toegedien toe 20 van hulle wildsbokke deur honde doodgebyt is.

Die grufonds is vroeër die week gemaak.

Mnr. Dick Jacobs het moedeloos gesug toe die dooie diere een vir een opgetel is.

Daar word vermoed dat die wildsbokke deur honde wat vanuit Springvalley kom, doodgebyt is.

“Springvalley grens aan die grond waarop die wild aangehou word. Ons maak daagliks die heining reg wat ten duurste opgerig is om die wild te beskerm. Inwoners van Springvalley knip doodeenvoudig die drade of grou gate onder die elektriese heining om op die plaas te kom,” het Dick gesê.

Lees die volledige berig in die volgend uitgawe van Witbank Nuus.

Deel jou nuuswenke met ons:

Telefoon: 013 656 2490

WhatsApp: 060 866 8682

E-pos: wtbnews@mweb.co.za

Volg ons ook op:

Instagram, Twitter, Witbank News App, Facebook page, Witbank News Breaking

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button