CrimeLocal newsNews

Diewe soek ’n wiel of vier

Diewe het ’n voorliefde vir bande ontwikkel.

Die aanhoudende misdaad van wiele wat gesteel word en voertuie wat op bakstene gelos word, het net geen einde in eMalahleni nie.

Die afgelope week het twee inwoners onder dié misdaad deurgeloop en skade opgedoen.

Ongelukkig vir die een inwoner is al vier sy voertuig se bande gesteel waar die ander inwoner dié diefstal kon keer, maar steeds skade gely het.

Op 20 Julie het mnr. Frederick van den Heever wakker geskrik deur ’n harde geluid wat geklink het soos gereedskap wat op die vloer val.

“Ek het dadelik gaan ondersoek instel en my buiteligte almal aangesit. Ek het voetstappe gehoor en toe is die honde al op in die straat. Toe ek buite kom het ek my hek se slot oopgebreek gesien lê op die grond. Ek het ook gesien van die plaveiselstene is uitgehaal en opmekaar gepak,” het hy vertel.

Van den Heever glo vas dat die boewe gereed gemaak het om sy bakkie se bande af te steel.

Op 22 Julie het daar nog ’n voorval plaasgevind waar die inwoner nie so gelukkig was soos Van den Heever nie.

Hy het die oggend, op pad na sy voertuig toe afgekom op die voertuig wat op bakstene staan, sonder een wiel in sig.

“Ek bly in ’n veiligheidskompleks, ’n veilige area en die huise is so naby aan mekaar dat jy mos iets sal hoor gebeur as dit gebeur,” het die inwoner wat ’n slagoffer was, gesê.

Hy het verder aan WITBANK NUUS verduidelik dat hierdie misdadigers ’n mens dop hou, juis omdat hy nog nooit tevore sy voertuig daar laat staan het, waar hy gestaan het met die voorval nie.

“Hulle is slim en werk vinnig, nie ek of my buurman het enige iets gehoor nie. Ek weet nie eers hoe laat dit kon gebeur het nie,” het hy bygelas.

Alhoewel inwoners dit moeilik vind om by te hou met die skade meen die slagoffer dat dit ’n norm raak om met misdaad te lewe, maar dit nooit normaal sal wees om dit te aanvaar nie.

LEES MEER
Boewe “wheel and deal” gedurende die inperking

https://www.citizen.co.za/witbank-news/156031/boewe-wheel-and-deal-gedurende-die-inperking/?fbclid=IwAR2UJJgH-LIXzjAxv541YFQKAHASODDQYXev6rlGlKdQdD1kNEzOr2AXoWY

‘Gee my jou wiele of stuurwiel’

https://www.citizen.co.za/witbank-news/75072/gee-my-jou-wiele-of-stuurwiel/

Deel jou nuuswenke met ons via:

Telephone: 013 656 2490

WhatsApp: 060 866 8682

Email: wtbnews@mweb.co.za

Of volg ons op WITBANK NUUS se sosiale platforms:

Instagram

Twitter

Witbank News toep

 

Back to top button